

ADVERTISEMENT:

News Date: 13 June 2008
Die P&L Hardeware Fietsryklub se jaarlikse 175km Kremetart Fietswedren het Saterdag sy reputasie as een van die gewildste wedrenne in die land gestand gedoen met sowat 800 inskrywings. Onder die deelnemers was van die top name in Suid-Afrikaanse fietsry, asook spandeelname deur onder meer die MTN-damesspan.
Te midde van ‘n redelike sterk wind van voor op die skof tussen Waterpoort en Vivo, was die algehele wendtyd vanjaar ‘n goeie twee minute vinniger as verlede jaar met Nolan Hoffmann (Neotel) wat die wedren wen met ‘n tyd van 04:12:47. Daar was 588 deelnemers in die mans-afdeling. ‘n Paar sekondes ná hom was spanmaat James Perry in die tweede plek in ‘n tyd van 04:13:04. Verlede jaar se wenner, Jaco Ferreira van Team Computer-Smith, moes vanjaar met ‘n derde plek tervrede wees in ‘n tyd van 04:13:20. Sy tyd was nog steeds beter as sy wentyd van 04:14:23 verlede jaar.
Wat die dames betref, was die MTN-damesspan van die begin af gunstelinge om die damesafdeling te wen, met renjaers soos Cherise Taylor (huidige SA kampioen), Cashandra Slingerland, Chrissie Viljoen (2006 Kremetartwenner), Marissa van der Merwe en Altie Clark. Dit was dan ook Marrisa wat uit 153 deelnemers in die afdeling eerste oor die wenstreep jaag in ‘n tyd van 05:02:39. Robyn de Groot (Proline) was tweede in 05:02:39 en Lizanne Naudé (Cbist) derde in 05:02:53. Volledige uitslae van ander kategoriewenners is beskikbaar by www.championchip.co.za
Dit was egter nie net die top name in fietsry wat hul bene gaan lam trap het nie. Talle plaaslike renjaers het ook die 175km aangedurf. Alhoewel baie beskeie oor haar prestasie, het Renata Joubert van die P&L-fietsryklub vir ‘n opskudding gesorg deur feitlik die hele wedren by te hou by die gunstelinge, die MTN-damespan. Sy voltooi die wedren in net meer as dertien minute na die wenners in ‘n tyd van 05:16:37. Sy was ook die eerste vroueveteraan oor die wenstreep. Wat haar prestasie egter meer noemenswaardig maak, is dat sy alleen gery het, sonder die hulp van ‘n span.
In die mansafdeling was die eerste plaaslike renjaer oor die wenstreep Richardt Lambert (LMB Makhado) in ‘n tyd van 04:38:09. Kort op sy hakke was David Wilson, ook van die basis, in ‘n tyd van 04:42:52. Richardt was 53ste algeheel en die 16de sub-veteraan. David was 58ste algeheel en die 19de sub-veteraan. Sarel Lubbe (P&L) ry ook goed en eindig 60ste in ‘n tyd van 04:43:28. Spanmaat André Prinsloo was 125ste in ‘n tyd van 04:56:43. Ander plaaslike deelnemers wat die hoofwedren gery en voltooi het, was Soutpansberg (SPB) se Cassie Mattheus (05:06:55), Stanley Thompson (SPB – 05:14:17), Hendrik Degenaar (P&L – 05:17:20), Gavin Fryer (P&L – 05:37:18), Marius Smit (P&L – 05:39:06), Fouché de Wet (LMB – 05:45:41), Casper Venter (05:53:11), Bruce Murray (05:25:51) en David Jennings (06:14).
Die Kremetart 70km-wedren is oorheers deur plaaslike renjaers met Donovan van Niekerk (Speke/Pirate Pedalers) wat die wedren wen in ‘n tyd van 02:02:32. Hy was ook die eerste O/16 tuis. Matthys Beukes (Pirates) eindig tweede, ook in 02:02:32, en was die eerste junior oor die wenstreep. Daniel Kirk-Cohen (Pirates) van Ridgeway College was derde in 02:02:34 en die tweede O/16. Japie en Antjie van Heerden (Pirates) was vierde in 02:11:37. Hulle was ook die eerste tandem tuis. Die plaaslike vroue het ook beïndruk, met Mari Mattheus (SPB) wat algeheel tweede eindig in 02:32:03. Sy was ook die eerste vroueveteraan in die 70km. Anna Cartwright (Pirates) was die derde veteraan tuis in 02:35:42. Rita Schoeman (P&L) was die eerste vroue meester in 02:43:21 met Norma Scott (P&L) die tweede meester in 02:49:58 en Kathy Tucker (Soutpansberg) die derde meester in 02:53:52. Rea McMutrie (P&L) was die derde sub-veterane vrou in ‘n tyd van 03:04:07.
Ander plaaslike renjaers (wie se besonderhede aan die koerant beskikbaar was) wat die 70km voltooi het, het ingesluit Hannes Spies (P&L), Alwyn Oberholzer (P&L), Malcolm Tucker (SPB), Calvin Baytopp, Marc James (LMB), Anthony Rathbone (P&L), Sandra van Wyk (P&L), Anton Stroebel, Dries van Wyk (P&L), Iqram Ayob (P&L), Vitor José (P&L), Brian Peli (P&L), Hennie Coetzee (Soutpansberg), Deon Klaasen (P&L), Adri Spies (P&L), Eldine Peli (P&L), Pramod Patel (P&L), Devendra Patel (P&L), Mariaan Oberholzer (P&L), Jonathan van Dijkhorst (P&L), Berdine Pretorius (P&L), Danelle Fourie (P&L), Bhupesh Patel (P&L), Bandish Patel (P&L), Meyur Patel (P&L), Nilesh Patel (P&L), Jayesh Patel (P&L) en Hitesh Dave (P&L).
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
