ADVERTISEMENT:

 

Die 23-jarige Francois Barnard.

Ma skenk nier vir eie siek seun

 

News  Date: 20 June 2008

 

‘n Jong inwoner van die dorp, Francois Barnard (23), het Vrydag, 13 Junie, ‘n nieroorplanting ondergaan. Hy sterk tans aan in die Jakaranda Hospitaal in Pretoria.

Francois se probleem kom van sy matriekjaar af, toe hy ‘n keelinfeksie opgedoen het. Die virus het vandaar na sy niere versprei, waar dit sy niere begin aanval het en sodanige skade veroorsaak het dat hy dubbele nierversaking gekry het. Hy was vir twee jaar op dialise, totdat die situasie tot so ‘n mate versleg het dat ‘n nieroorplanting die enigste uitweg was. Sy ma, Mariet, het toe haarself bereid verklaar om een van haar niere te skenk, indien dit geskik sou wees.

Tot almal se verligting is sy ‘n geskikte skenker bevind en die proses is aan die gang gesit om haar nier oor te plant. Verlede Dinsdag is die gesin Pretoria toe en Francois is Woensdag in die hospitaal opgeneem. Vrydag is die operasies uitgevoer, met Mariet wat 2½ ure en Francois wat 4½ ure in die teater spandeer het. Die goeie nuus is dat dit lyk asof sy liggaam die nier aanvaar en tot op hede is daar nie vir die gesin rede tot bekommernis nie.

Hulle hou styf duim vas dat alles verder vlot sal verloop en dat hy oor ‘n maand of wat weer op die been sal wees.

 

Written by

Nic Hoffmann

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines