ADVERTISEMENT:

 

Die sewe hondjies van sowat vyf dae oud wat in ´n kartondoos in die park gevind is. Weens hul jong ouderdom, moes al sewe uitgesit word. Foto: DBV

DBV woedend oor kartondoos vol hondjies in park

 

News  Date: 20 June 2008

 

Hoe wreed kan mense nie wees nie? Dit is die vraag waarmee lede van die Dierebeskermingvereniging (DBV) op Louis Trichardt die afgelope naweek weer moes worstel, nadat ‘n kartondoos met sewe klein hondjies daarin verlate in ‘n park gevind is.

Die kartondoos is deur ‘n groep kinders in die park oorkant OK Grocer in die nuwe uitbreiding gevind. Die een het dadelik sy ma daarvan ingelig, wat op haar beurt mev. Bea Reimer van die DBV geskakel het.

"Kon die persoon nie maar ‘n bietjie verder ry en die hondjies by die DBV se hokke kom aflaai het nie? Ons vra mense niks om diere wat in die moeilikheid is te help nie. Ons wys ook niemand weg nie. Ek kan nie dink iemand doen so iets nie," het Reimer Dinsdag gesê.

Die sewe hondjies, ses tefies en een reuntjie, was maar slegs sowat vyf dae oud. Hulle het nog hul naelstringetjies aangehad. Niemand weet hoe lank die hondjies in die kartondoos was nie. Die hartseer van die storie is egter dat die hondjies, ten spyte daarvan dat hulle gevind is, weens hul jong ouderdom van kant gemaak moes word.

Reimer, wat openlik ontsteld is oor die voorval, het inwoners versoek om na vore te kom met inligting wat dalk kan help om die skuldige persoon wat die honde in die park gelaat het, op te spoor. Sy kan na 18:00 geskakel word by tel 015 516 0412. Alternatiewelik kan diere-inspekteur Lawrence geskakel word by tel. 082 965 5151.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines