ADVERTISEMENT:

 

Lana kon daarin slaag om ´n foto van een van die klein diertjies te neem een dag toe dit baie koud was en hulle nie baie bedrywig was nie. Sy wil graag weet of iemand weet wat die regte benaming is van die diertjies, wat sy as boomkatjies ken. (Foto verskaf)

Wat is hierdie ou diertjies se regte naam?

 

News  Date: 27 June 2008

 

Mev. Lana Hoffman van Levubu krap kop oor die korrekte naam van baie skugter nagdiertjies wat al ‘n geruime tyd in ‘n stoor op hul plaas woon.

"Ons ken dit as boomkatjies, wat seker ‘n streeksnaam is, net soos baie mense praat van toeras praat en ander weer na eekhorings verwys," sê Lana.

Die diertjies is klein, so tussen 10 en 12cm van kop tot stert. Hulle beweeg snags, maak nessies met feitlik enige sagte materiaal en, volgens Lana, doen groot skade in ‘n plek waar daar nie baie beweging is nie.

"Ons het vyf kleintjies in ‘n hok gehad en toe ons weer daar kom, het die ma almal deur die hok se blokkies kom haal en is weg met hulle! ‘n Maand later het ons ‘n grote en een van die kleintjies gevang. Hul was eers in ‘n groot visbak in ‘n donker plek met twee hokkies waarin hul bedags geslaap het. Ons het hulle egter oopgemaak en nou bly hulle in ons stoor," vertel Lana. Sy sê hulle kom eet steeds die appel (nie die skille nie), neute, hondeblokkies en enige beskuitjies wat vir hulle uitgesit word.

"As iemand vir ons inligting het oor die interessante, skaars diertjies, sal ons baie bly wees. Skakel my by 083 545 9191 of vir Bertie le Roux by 082 927 2144," nooi Lana.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines