

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 July 2008
Die legendariese Oom Steve van der Walt (83) wat verlede week deur ‘n luiperd aangeval is, maak ná ‘n noodoperasie goeie vordering in die hospitaal.
Oom Steve moes na die Limpopo Medi Kliniek in Polokwane afgevoer word, nadat ‘n luiperd hom bespring en in die gesig gebyt het. Die luiperd se een tand is deur Oom Steve se regteroog en die ander tand deur sy neus. ‘n Noodoperasie moes verlede week Woensdag op die oog uitgevoer word.
Sy skoondogter, Mev. Roelien van der Walt, het Dinsdag gesê Oom Steve maak goeie vordering en het reeds ‘n slaggie uit die bed opgestaan en ‘n paar treë geloop. Hy sê hy kan al weer ‘n entjie voor hom sien ná die oogoperasie.
“Sy gemoedstoestand is baie positief. Hy wil net huistoe. Hy sê sy vrou (Tant Petro)
Oom Steve is verlede week Dinsdag (24ste) op sy plaas Kongo, 71km wes van Musina, naby die Venetia myn, aangeval deur die luiperd wat geskiet is, nadat dit gedurende die huidige winter reeds sewe kalwers op die plaas gevang het. Saam met ‘n gesinsvriend, Mnr. Gerrie Nel van Pretoria, het hy jag gemaak op die luiperd en moes twee keer skiet om die dier finaal te stuit. Die luiperd het egter met die laaste stuiptrekking vir Oom Steve bespring en hom in die gesig gebyt. Gerrie het die luiperd gegryp en van Oom Steve afgetrek. Gerrie het aanvanklik sy hand in die luiperd se bek gedruk, dit uitgeruk en toe sy hoed in die bek ingedruk.
Die gesin Van der Walt beklemtoon dat Gerrie se dapper optrede Oom Steve se lewe gered het.
“Hy het sy eie lewe op die spel geplaas en sonder om ‘n oomblik oor sy eie veiligheid te wonder, die luiperd met sy kaal hande van Oom Steve afgetrek. Ons het groot waardering vir sy optrede,” het hulle ná die voorval gesê. Gerrie is intussen terug na
Die twee ernstig-beseerde mans moes ná die geveg met die luiperd nagenoeg ‘n kilometer terug sukkel na hul voertuig en het aanvanklik by die Musina Hospitaal behandeling ontvang, voordat Oom Steve na Polokwane oorgeplaas is, waar sy eggenote deurentyd by hom was.
Die gesin het hul dankbaarheid en waardering uitgespreek vir al die belangstelling vanuit die gemeenskap.
In ‘n nuusvrystelling het Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, sy dankbaarheid uitgespreek oor die feit dat Oom Steve die aanval oorleef het.
“Oom Steve is een van die lewende legendes van die Bosveld, en ons is bly dat selfs ‘n luiperd hom nie kon onderkry nie. Sy herstel is merkwaardig en hy is al weer vol grappies. Die legende van die Bosveld en die dapper Gerrie Nel se storie sal nog vir lank rondom menige braaivleisvuur oorvertel word,” sê mnr. Joubert.
Oom Steve se seun, mnr. Schalk van der Walt, sê sy pa was twee jaar oud toe hy saam met sy ouers op die plaas aangekom het. Oom Steve is bekend as ‘n man van vele talente en nog steeds ‘n uiters knap skut. Hy skryf ook self pragtige liedjies en speel kitaar.
Ondanks Oom Steve se worsteling met die luiperd, is hy moontlik in die moeilikheid omdat hy die luiperd geskiet het. Die Departement van Omgewingsake meen hy moes, al het die luiperd sy vee gedood, eers aansoek gedoen het vir ‘n lisensie om die luiperd te skiet.Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
