

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 July 2008
Selfs diegene wat Dinsdagaand tot later gewag het om die vyfuur-stormloop na vulstasies te vermy, moes steeds by pompe wag om gehelp te word. By vulstasies op Louis Trichardt was daar tot na 19:00 steeds ‘n konstante vloei van motoriste wat kom volmaak het, voor die brandstof- en dieselprys om middernag weer drasties gestyg het.
Die prys van petrol het Woensdagoggend met 70c gestyg van R10 na R10,70, terwyl diesel met 69c van R11,56 na R12,25 gestyg het. In effek beteken dit dat eienaars van voertuie met ‘n tenkgrootte van tussen 55 liter en 65 liter (petrol of diesel) nou tussen R38 en R45 duurder per tenk sal betaal elke keer as hulle gaan vol maak. Eienaars van bakkies met ‘n tenkgrootte van 80 liter sal sowat R56 meer per tenk betaal met elke besoek aan die vulstasie.
Die jongste prysstyging in die brandstofprys beteken dat verbruikers hul rieme nog dunner sal moet sny ten opsigte van hul finansies. Dit kom kort op die hakke van die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank se soveelste rentekoersverhoging die afgelope paar maande. Suid-Afrika is egter nie uniek ten opsigte van brandstof- en rentekoersverhogings nie, aangesien dit tans ‘n wêreldwye tendens is.
Maar al die ekonome en geleerdes se slim praatjies en verduidelikings beteken nie veel vir die gewone man op straat wat reeds sukkel om sy salaris te laat strek tot die einde van die maand nie. In baie gevalle kan mense se salarisse nie byhou met die konstante prysverhogings nie en moet hulle maar genoeë neem met die feit om meer te betaal vir minder elke maand. So sou ‘n gesin van vier byvoorbeeld voor hierdie week se brandstofprysvehoging een keer lekker saam ‘n klein ontbyt, by sê maar die Wimpy, kon gaan eet het. Die geld wat die gesin hierop sou spandeer (omtrent R35 per persoon) gaan nou net so in die motor se brandstoftenk in.
Met doemprofete wat voorspel dat motoriste teen April volgende jaar sowat R16 per liter petrol gaan betaal, dink baie mense seker terug na die “goeie ou dae” in Julie verlede jaar toer petrol net meer as R7 per liter gekos het en diesel sowat R6,40. Van toe af tot nou het petrol met sowat R3,70 per liter gestyg, terwyl diesel se prys amper verdubbel het met ‘n styging van R5,85.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
