ADVERTISEMENT:

 

Sowat 150 inwoners het Saterdag (5de) die fondsinsamelingsdans van Tafelronde Zoutpansberg 66 op Louis Trichardt bygewoon. ´n Mooi bedrag van net oor die R5 000 is ingesamel ten bate van ´n plaaslike vrou wat dringend ´n mondoperasie moet ondergaan. Vermaak is die aand gratis verskaf deur plaaslike kunstenaars Attie Engelbrecht en vriende. Daar word egter steeds fondse vir die operasie benodig.

Opkoms baie goed, maar meer fondse word benodig

 

News  Date: 11 July 2008

 

Tafelronde Zoutpansberg 66 se dans op Saterdag, 5 Julie, ten bate van ‘n Louis Trichardt vrou wat dringend ‘n mondoperasie moet ondergaan, was weereens ‘n toonbeeld van die mate waartoe die gemeenskap se mense vir mekaar omgee.

Die dans is deur die Tafelronde en vriende van me. Stephanie de Lange by die biertuin op die munisipale skouterrein aangebied. Sowat 150 inwoners het die projek kom ondersteun en sommer ook bietjie op gesellige wyse litte losgemaak op die dansbaan. Vermaak is die aand verskaf deur bekende plaaslike kunstenaar Attie Engelbrecht en vriende en die Tafelronde het hul opregte dank aan Attie-hulle uitgespreek wat bereid was om gratis op te tree. ‘n Welkome donasie is ook van dr. André van der Walt ontvang. Die Tafelronde het ook dank uitgespreek teenoor Frank en Jaco van Shefeera Timbers en Louis van der Walt en Bertus Geerdts vir die hout, die Caltex-vulstasie vir die ys, Zoutpansberg Milling vir die mieliemeel en Coca-Cola Fortune vir die koeldrank en pryse.

“Dankie aan almal wat die projek ondersteun het, asook die Tafelaars wat gehelp het om die aand ‘n sukses te maak,” het mnr. Gideon Mellows, voorsitter van Tafelronde Zoutpans­berg 66, gesê.

Me. De Lange moet so spoedig moontlik die operasie ondergaan om ‘n gewas te verwyder. Ten spyte van Saterdag se goeie opkoms word daar egter steeds sowat R22 000 benodig, aangesien die totale koste van die mediese prosedure sowat R27 000 beloop. Gideon het derhalwe inwoners versoek om steeds donasies te maak. Die fondse kan direk in die Tafelronde se rekening inbetaal word en hulle betaal dit self oor aan die dokter. Tafelronde se rekeningbesonderhede is Eerste Nasionale Bank, Round Table Projek, takkode 260149 en rekeningnommer 52866832804. Die verwysing is Stephanie de Lange.

Vir meer inligting, skakel Gideon by tel. 084 602 5790.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines