ADVERTISEMENT:

 

Die bestuurder van ‘n swaar vragmotor en sleepwa met ‘n vrag katoenbale het verlede Donderdag digby Clouds End op die N1 buite beheer geraak, die pad verlaat en omgeslaan. Twee passasiers in die voertuig is ernstig beseer en in die hospitaal opgeneem. Die liggaam van die bestuurder is eers Vrydag onder die smeulende katoenbale gevind.

Drie sterf in twee afsonderlike vragmotorongelukke

 

News  Date: 18 July 2008

 

Twee vragmotorbestuurders uit Zimbabwe en ‘n polisieman van Waterpoort is dood in twee ongelukke waarin verskeie swaar voertuie  betrokke was.

‘n Lid van die polisie op Waterpoort en ‘n Zimbabwiese vragmotorbestuurder is op slag dood in ‘n gru-ongeluk waarin drie voertuie vroeg verlede Sondagoggend op die teerpad, oos van Waterpoort betrokke was.

Die kommunikasie offisier van die polisie op Waterpoort, inspekteur Leshiva, het by navraag bevestig dat die 44-jarige inspekteur M. S. Mufhamadi van Waterpoort op slag dood is, terwyl hy Sondagoggend omstreeks 05:30 probeer het om hulp te verleen aan die bestuurder van ‘n stilstaande swaar vragmotor.

Die swaar vragmotor het aan die verkeerde kant van die pad geparkeer gestaan en insp. Mufhamadi het vermoedelik sy voertuig langs die vragmotor tot stilstand gebring.

‘n Tenkwa uit die rigting van die N1 het volgens aanduidings tussen die twee stilstaande voertuie deurgebars. Mufhamadi en die vragmotorbestuurder van Zimbabwe is op slag dood, nadat hulle erg vermink is in die botsing. Die naam van die Zimbabwiese vragmotorbestuurder kan nog nie bekend gemaak word nie, omdat sy naasbestaandes nog verwittig moet word van sy dood.

Verkeer op die betrokke pad, wat heelwat swaar vragverkeer dra, kon eers teen omstreeks 16:50 Sondagnamiddag terugkeer na normaal, nadat die swaar wrakke verwyder en die diesel opgeruim is.

In ‘n vroeëre ongeluk, digby Clouds End, noord van Louis Trichardt, is nog ‘n Zimbabwiese vragmotorbestuurder dood, toe hy verlede Donderdag vermoedelik beheer verloor het en die voertuig en sleepwa met ‘n vrag katoen omgeslaan het. Die twee passasiers wat saam in die voertuig was, is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Die liggaam van die oorledene is eers die volgende dag onder die vrag katoenbale ontdek. Die SAPD se woordvoerder op Louis Trichardt, kapt. Maano Sadiki, sê in ‘n mediaverklaring ‘n meganiese fout met die remstelsel van die voertuig was vermoedelik die rede waarom die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.

Die swaar vragmotor, wat onbeheerbaar teen die berg af voortgesnel het na Louis Trichardt, het die pad verlaat en sowat ‘n kilometer vanaf die nood sandstutbaan buite die dorp omgeslaan.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines