ADVERTISEMENT:

 

DA wil Mugabe Wêreldhof toe sleep

 

News  Date: 18 July 2008

 

Die Demokratiese Alliansie (DA) is betrokke by pogings om die menseregteskendings deur President Mugabe van Zimbabwe en sy trawante in die Wêreldhof te laat toets.

Die DA parlementslid me. Desiree van der Walt het op Louis Trichardt gesê voorbereidings vir so ‘n hofsaak is reeds aan die gang. Sy het geantwoord op ‘n vraag tydens ‘n sake-ontbyt wat deur die plaaslike Soutpansberg Sake­kamer gereël is. Die negatiewe langtermyn impak wat Suid-Afrika se voortgesette beleid ten opsigte van Zimbabwe op plaaslike sakebedrywighede en sakebelange kan hê, is by die byeenkoms geopper.

Van der Walt het op uitnodiging veral die jongste verwikkelinge oor die beoogde Onteieningswet en naamsveranderingsklousule toegelig. Sy het beklemtoon die Onteieningswet is in sy huidige vorm strydig met die Suid-Afrikaanse Grondwet en beoog gevaarlik buitensporige magte vir die betrokke minister. ‘n Beswaarskrif teen die beoogde wetgewing word uit verskillende oorde goed ondersteun.

Oor die naamsverandering beoog die betrokke minister ‘n nuwe raadplegende forum wat hom deur die betrokke gemeenskapsmening sal laat lei. Sy het belanghebbendes aangeraai om deel te neem aan die byeenkomste van die beoogde forum.

Na afloop van die sake-ontbyt het Van der Walt die voorsitter van die plaaslike Belastingbetalersvereniging, mnr. Herman Smit, vir samesprekings ontmoet.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines