

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 July 2008
Die Soutpansberg Belastingsbetalersvereniging (SBBV) gaan ‘n dispuut verklaar met die Makhado Munisipaliteit. Hierdie ingrypende besluit is Donderdag (17de) geneem tydens ‘n spesiale algemene vergadering van die SBBV in die Ferdie Beyerssaal op Louis Trichardt.
Die vergadering is deur die SBBV belê in protes teen wat hulle noem die Makhado Munisipaliteit se swak dienslewering.
“Daar
Die proses behels dat belastingbetalers die opsie het om hul maandelikse munisipale heffings en belastings in ‘n trustrekening in te betaal, eerder as direk aan die munisipaliteit. Hierdie trustrekening sal dan deur ‘n buitepersoon, in oorleg met die munisipaliteit, geadministreer word om toe te sien dat die geld korrek aangewend word.
Smith het na afloop van die vergadering gesê dat alhoewel hulle besluit het om die bal aan die rol te sit ten opsigte van hierdie proses, hulle eers ‘n bestuursvergadering moet belê om te bepaal wat die proses gaan behels en wat dit gaan kos.
“Daar gaan prokureurskostes wees en ons sal iemand moet aanstel om die administrasie te hanteer. Ons sal moet uitwerk waar ons gaan geld kry, want ons
Hierna, sê Smith, sal die munisipaliteit op terme geplaas word om binne ‘n redelike tydperk hul probleme aan te spreek.
“Ons sal vir hulle ‘n brief skryf waarin ons klagtes uiteengesit word.”
Indien die munisipaliteit dan nie aan die klagtes gehoor gee nie, sê Smith, sal daar dan begin word om belastinggeld in ‘n trustrekening in te betaal.
Mnr. Jaap Kelder, bestuurslid van die nasionale Belastingbetalersunie, het by navraag Dinsdag gesê indien Louis Trichardt se belastingbetalers suksesvol is in hul poging, hulle die 29ste dorp in die land sal word wat amptelik in dispuut is met hul munisipaliteit weens swak dienslewering.Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
