ADVERTISEMENT:

 

Herstelwerk rede vir huidige waterskaarste

 

News  Date: 25 July 2008

 

Inwoners van Louis Trichardt kan maar vir die volgende week weer die wateremmers uithaal en die boorgate gereed hou.

Reeds vanaf Woensdagaand het die Makhado Munisipaliteit begin om tussen 19:00 tot 04:00 die uitvloeikleppe van die dorp se drie hoof waterreservoirs toe te draai. Dit sal daagliks gebeur tot einde volgende week en inwoners is gemaan om water spaarsaam te gebruik.

Die rede vir die ongerief is om te verseker dat die onderskeie reservoirs genoeg kapasiteit kan opbou vir wanneer die totale watervoor­sieningsnetwerk vanaf die Albasinidam op 30 en 31 Julie vir ‘n periode van 48 uur in geheel afgeskakel kan word. Die stap is onafwendbaar vanweë noodsaaklike herstelwerk aan die watervoorsieningspyplyn vanaf die dam.

Volgens mnr. Henk de Swardt van Betla Services, die kontrakteur wat aangestel is om die herstelwerk te doen, sal die watersuiweringsaanleg by die dam, asook die vyf pompstasies op die pyplyn na die dorp, afgeskakel word, sodat daar ondermeer kleppe vervang kan word en vloeimeters geïnstalleer kan word.

“Ek dink nie ons sal die hele 48 uur werk nie. Ons kan die werk moontlik in een dag voltooi, maar as daar fout kom, het ons nog tyd. Dit is baie werk en ons gaan omtrent 40 mense op die terrein hê,” sê De Swardt

Oor vrese dat die herstel van die kleppe dalk kan veroorsaak dat die nuwe hoë drukking die ou bestaande waterpype in die drop sal kan laat bars, soos in die verlede al gebeur het, het De Swardt gesê dat hulle ook beheerkleppe installeer om hierdie probleem aan te spreek.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines