ADVERTISEMENT:

 

Jy kan aansoek doen, maar lees eers die fynskrif

 

News  Date: 01 August 2008

 

Plaaslike ontwikkelaars kan nou weer aansoek doen om toestemming ten opsigte van verdigting (onderverdeling van erwe, ensovoorts), maar hulle sal eers die fynskrif moet lees...

Vroeër vanjaar het die Makhado Munisipaliteit ‘n tydelike moratorium geplaas op alle vorme van verdigting binne die munisipale area. Dit het gevolg vanweë ondermeer volgehoue druk van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging dat die munisipaliteit verdigting moet staak, aangesien die dorp se infrastruktuur dit net nie kan hanteer nie – spesifiek met verwysing na watervoorsiening, elektristeitsverskaffing en riolering.

Verlede Donderdag het die munisipaliteit tydens ‘n raadsvergadering weer besluit om die tydelike moratorium op te hef, maar daar is sekere voorwaardes aan verbonde. Hul besluit lees dat aansoeke vir verdigting weer volgens die normale proses verwerk sal word, maar onderhewig aan die volgende voorwaardes:

* Dat die Vhembe Distriksmunisipaliteit ‘n vaste teikendatum moet verskaf vir wanneer grootmaat water en riolering verskaf kan word;

* Dat die beperkings wat reeds deur die munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling vasgestel is, van toepassing sal bly as deel van die voorwaardes van alle ontwikkelingsplanne;

* Dat goedkeuring van aansoeke streng onderhewig sal bly aan die beskikbaarheid van dienste soos water, riolering and elektrisiteit; en

* Dat aansoekers ‘n ooreenkoms met die munisipaliteit sal aangaan dat die beplande ontwikkeling slegs sal begin wanneer die nodige waarborge van die Vhembe Distriksmunisipaliteit verkry is ten opsigte van genoemde dienste. Die aansoeker sal verder op skrif moet afstand doen van alle aanspraak op skadevergoeding teen die munisipaliteit as gevolg van enige verliese of skade wat veroorsaak kan word weens ‘n vertraging in die beskikbaarheid van grootmaat water, riolering en elektrisiteit.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines