

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 August 2008
Twaalf lede van Tafelronde Geraardsbergen 66 in België het verlede week aangekom op ‘n besoek aan Tafelronde Zoutpansberg 66 op Louis Trichardt.
Die besoek vorm ‘n deel van ‘n “nommer-toer” tussen Zoutpansberg 66 en Geraardsbergen 66.
Die gesamentlike toer word vanaf Louis Trichardt onderneem na die Pafuri River Camp, deur die Kruger Nasionale Park na Mosambiek. Die besoekers uit België keer op 7 Augustus weer huiswaarts.
Die voorsitter van Zoutpansberg 66, mnr. Gideon Mellows, het sy dank uitgespreek vir skenkings wat ontvangs is van Mount Fuji Motors, wat ‘n Nissan 4x4-dubbelkajuit vir die besoekers se gebruik beskikbaar gestel het, Harvey Wright, Pafuri River Camp, Howard Knott van Greater Kuduland Safaris, Standard Bank, Autozone, Marius Brönn Apteek, Green Farms Nuts, Savewell, Mike & Lois Fisher van Tina Cosmetics, Johannesburg en vir Coca-Cola Fortune.
Hy het spesiale dank betuig teenoor die vroue van Tafelronde en Ladies Circle vir die opmaak van “goodie bags” vir die besoekers uit België.Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
