ADVERTISEMENT:

 

Klein Nathan Puth wat in die Unitas Hospitaal aansterk om ‘n ope hart operasie te ondergaan, saam met sy ouers Martin en Marlien Puth.

Klein Nathan veg steeds dapper vir sy lewe

 

News  Date: 08 August 2008

 

“Ek moes leer dat as die dokter inkom en die nuus is nie so goed nie, om te weet dat God steeds goed is. Kyk na die lewe deur God se oë: Hy sien nie die probleme raak nie, net die antwoorde,” sê Martin Puth, vader van baba Nathan wat wag vir ‘n ope-hartoperasie.

Klein Nathan is op 17 Junie gebore met hartvate wat omgeruil is. Verlede Vrydag, 25 Julie, het die medici by die Unitas Hospitaal in Pretoria sy medikasie gestaak, die masjiene ontkoppel en hom twee dae gegee om te lewe. Hy het wonderbaarlik aan die lewe gebly en die regter ventrikel van die hartjie moet nou sterker word sodat die hartvate in ‘n operasie geruil kan word.

Pastoor Stefan Pieterse sê dat klein Nathan se jong ouers, Martin en Marlien Puth, vir hom en die gemeente ‘n inspirasie is. Martin en Marlien is musiekleiers by die Volle Evengeliekerk in Louis Trichardt. Sedert Nathan se geboorte waak hulle pal by sy bedjie.

Ma Marlien het Woensdag gesê dat Nathan se medikasie Vrydag weer hervat is en dat die suurstof­saturasie in Nathan se bloed Dinsdagaand in die 80 was. Dit is al baie beter as die 24 wat dit twee naweke terug was. Die hartspesialis kom aan die einde van die week van verlof terug.

“Enige mens raak maar bekommerd, maar ek sien dit as ‘n toets vir ons geloof. Nou is dit nie net praat nie, maar toepas van wat jy glo. Ons glo die Here wil deur Nathan baie mense aanraak,” sê Marlien. Pa Martin stem saam: “Baie mense is alreeds geraak. En ons is ook geraak deur te sien hoeveel mense omgee en belangstel.”

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines