

ADVERTISEMENT:

News Date: 08 August 2008
Inwoners van die dorp wat Francois Barnard ken sal bly wees om te hoor dat dit baie beter gaan met hom, ná sy onlangse nieroorplanting. Hy sterk tans tuis aan en die dokters verwag dat hy baie goed sal herstel.
Die Zoutpansberger het ‘n paar weke gelede berig oor Francois, wat na ‘n paar jaar se sukkel met niere wat beskadig is deur ‘n infeksie, uiteindelik ‘n nieroorplanting moes kry. Sy ma het aangebied om aan hom ‘n nier te skenk en gelukkig vir hom is sy as ‘n geskikte skenker bevind. Sy maak ook goeie vordering en almal hou duim vas dat sy geen nadelige gevolge sal oorhou na hierdie onselfsugtige daad nie.
Volgens Francois se pa, Even, is daar nog klein probleempies hier en daar, wat hopelik met tyd sal uitgestryk word en verdwyn. Hy sal egter vir die res van sy lewe medikasie moet gebruik om te verhoed dat sy liggaam die geskenkte nier verwerp. Hy is net dankbaar om tuis te wees en daar te kan aansterk.
ADVERTISEMENT:
