

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 August 2008
Die voertuig en toerusting waarmee die bekende mev. Maud Myburgh die plaaslike gemeenskap op Louis Trichardt so getrou en doeltreffend met noodhulpdienste versorg, het dringende opgradering nodig.
‘n Byeenkoms van sake- en gemeenskapsleiers, wat belê is om aandag te gee aan hierdie aangeleentheid, het eenparig hul waardering uitgespreek vir die gehalte diens wat mev. Myburgh lewer en besluit dat die ambulansvoertuig (‘n 1978 model) verkieslik met ‘n nuwe en deeglik toegeruste voertuig vervang moet word.
‘n Loodskomitee is aangewys om die aangeleentheid te ondersoek, die doeltreffendste opsies aan te dui en voorbrand te maak vir ‘n insamelingsveldtog waarby die hele gemeenskap betrokke kan wees.
Mev. Myburgh lewer al vir etlike jare gereeld noodhulp en ambulansdienste by klub- en skoolsportbyeenkomste in en om die dorp en is ook bekend vir die deernisvolle wyse waarop sy haar dienste op ‘n vrywillige grondslag aan bejaardes op die dorp aanbied.Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
