

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 August 2008
Die Soutpansberg Belastingbetalersvereinging waarsku die publiek in ‘n mediaverklaring dat die rioolbesoedeling nog jare gaan aanhou. Die opgradering wat tans aan die gang is, is in die middel van die hele rioolsisteem.
“Dit is soos ‘n aar in die middel wat toegedruk word. Nou loop al die riool vrylik uit in ‘n vleiland tussen die maksimum sekuritetsgevangenis en Eltivillas. Verder vloei die riool onbelemmerd onderdeur die treinspoor, verby die rioolplaas, tot kilometers ver waar dit vir besproeiing gebruik word. Die Eltivillas riooldam is nou al ongeveer 150 meter by 100 meter en vergroot by die dag en raak reeds aan die grondpad (Vondelingpad) wat na die ashoop toe loop,” sê mnr. Herman Smith, voorsitter van die SBBV.
‘n Pompstasie en pypleiding naby aan die westekant van die industriële gebied word nou opgegradeer en het reeds ver gevorder. Ongelukkig veroorsaak dit dat die sisteem so onderbreek word dat die Eltivillas riooldam drasties vergroot en ‘n toenemende gesondheidsgevaar inhou. Die maksimum sekuriteitsgevangenis se boorgate loop ook die gevaar van besoedeling.
Verder waarsku die SBBV die toekomstige huiseienaars van Eltivillas uitbreiding 1, waar 152 erwe op die oewer van die riooldam op 29 Februarie op ‘n munisipale veiling verkoop is, ten spyte van waarskuwings deur die SBBV.
“Die kopers van daardie erwe word aangeraai om met die munisipaliteit te skakel en die gesondheidsituasie met hulle op te neem,” sê mnr. Smith.
Die SBBV is van mening dat, solank as wat die Makhado en Vhembe munisipaliteite nie nog ‘n rioolfasiliteit oprig om in die groeiende behoeftes van Louis Trichardt te voorsien nie, die besoedeling nie einde sal kry nie.
“Siektes wat deur rioolbesoedeling veroorsaak word, kan die publiek enige oomblik tref,” sê Smith.Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
