ADVERTISEMENT:

 

Polisiebeamptes op die toneel waar die rowers die sekuriteitsbeamptes se voertuig in Heystekstraat agtergelaat het.

Laerskool helder oordag beroof

 

News  Date: 29 August 2008

 

Laerskool Louis Trichardt het Maandagoggend die jongste slagoffer geword van ‘n gewapende roof.

Twee parmantige rowers het sommer so te voet twee sekuriteitsbeamptes van die firma RRS by die skool se ingangshek na die kantoorblok voorgekeer, kort nadat hulle sowat R14 000 in kontant en tjeks by die betaalkantoor gaan afhaal het. Die beamptes is gevra om die geldtrommel te oorhandig, waarna die rowers ook een van die beamptes se .38-rewolwer gevat het. Daarna het hulle in die sekuriteitsbeamptes se eie voertuig weggejaag.

Die roof het helderoordag gedurende skooltyd plaasgevind en gelukkig is geen skote gevuur nie.

“Ek het eers van die roof gehoor toe die twee verskrikte beamptes by die kantoor ingehardloop gekom het,” sê mnr. Louis Linde, hoof van Laerskool Louis Trichardt.

Die Soutpansberg Dorpswag het gehelp om die booswigte te probeer opspoor, maar dit was die polisie wat later die sekuriteitsvoertuig verlate in Heystekstraat gevind het.

Intussen het mnr. Linde bevestig dat die skool kort na die roof ‘n veiligheidsvergadering belê het om sekuriteit by die skool verder op te skerp. Die skool is reeds een van die min skole wie se personeel in die betaalkantoor, soos in banke, deur vuurvasteglas beskerm word.

Intussen duur die polisie-ondersoek voort. Die polisie het versoek dat enige iemand met inligting oor die roof die polisiestasie se nuwe noodnommer (083 206 5594) moet skakel.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines