

ADVERTISEMENT:

News Date: 29 August 2008
Die jong entrepreneur van Hoërskool Louis Trichardt, Joanelle Pretorius, doen dit weer ‘n keer.
Joanelle is vir die tweede keer aangewys as een van die pryswenners in Absa se Top-Entrepreneurswedstryd. In 2006 was Joanelle ook ‘n pryswenner met haar vier ondernemings onder die naam Jo-Pret.
Hierdie keer, as Graad 12-leerder, het Joanelle ‘n foto-onderneming PhoJo ingeskryf. Met hierdie onderneming was sy ook ‘n pryswenner in verlede jaar se Soutpansberg Sakekamer-kompetisie. As besige matriekleerling het Joanelle hierdie inskrywing vinnig hersien en uitgebrei vir die landswye Top-Entrepreneurswedstryd.
“My inskrywing het ‘n besigheidsplan bevat, foto’s van die besigheid, bankstate, ‘n finansiële plan, ‘n sakeplan, hoe ek te werk wil gaan en hoe ek gaan bemark,” sê Joanelle. Sy het die inskrywing drie maande gelede ingestuur en eintlik al daarvan vergeet.
“Dit was baie onverwags, maar ek was baie bly toe ek hoor dat my naam in die Rapport van 24 Augustus verskyn het,” sê Joanelle.
Daar is ses hoërskoolfinaliste, vier studente, ses entrepreneurs jonger as 35 jaar, agt entrepreneurs ouer as 35 jaar en vyf persone in die ope-afdeling vir mense met die beste sake-idee. Elkeen van die finaliste wen R3 000 kontant en kwalifiseer vir ‘n mentorprogram vir entrepreneurs. Absa Kleinsake sal die program aanbied en na afloop daarvan sal die algehele wenners in elke afdeling aangewys word. Elke algehele wenner sal ten minste R20 000 kontant ontvang. Die Suid-Afrika Top-Entrepreneurswedstryd word deur Absa en die Groter Johannesburgse Sakekamer aangebied.
Joanelle beoog ‘n graad in Kommunikasiestudies as voorloper voor sy die besigheidswêreld betree. Sy het nog nie besluit tussen die Universiteit van Pretoria of die Noord-Wes Universiteit nie. Om sakevrou te wees is die droom waarby hierdie talentvolle jong entrepreneur wil uitkom.Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
