ADVERTISEMENT:

Ons stemme is veilig, sê senior burgers

News  Date: 16 April 2004

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – By Ons Tuiste het senior burgers al van Maandag af gestem, saam met duisende bejaarde, siek, gestremde en verwagtende Suid-Afrikaners reg oor die land.

Op Maandag (12de) het beamptes van die OVK (Onafhanklike Verkiesingskommissie) 38 senior burgers van Ons Tuiste gehelp om hul spesiale stem uit te bring. MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – By Ons Tuiste het senior burgers al van Maandag af gestem, saam met duisende bejaarde, siek, gestremde en verwagtende Suid-Afrikaners reg oor die land. MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – By Ons Tuiste het senior burgers al van Maandag af gestem, saam met duisende bejaarde, siek, gestremde en verwagtende Suid-Afrikaners reg oor die land.

Op Maandag (12de) het beamptes van die OVK (Onafhanklike Verkiesingskommissie) 38 senior burgers van Ons Tuiste gehelp om hul spesiale stem uit te bring.

'n Inwoner van Ons Tuiste, me. Nuckie Venter, was baie tevrede met die diens en prosedure van die OVK beamptes.

"Ek voel my stem is veilig," het mev. Venter gesê. "Ek kom van Zimbabwe en het baie met stemmery daar te doen gehad."

'n Ander inwoner, me. Nellie Erasmus, wat al van 1948 stem, het haar bekommernis uitgespreek omdat die houer waarin die stemme vervoer is, nie 'n geslote houer is nie. Me. Erasmus het gevoel dat haar stembrief onveilig is en dat enige iemand dit uit die houer kan verwyder.

Me. Thora Engelbrecht, HHT (huishoudelike toesighoudster) by Ons Tuiste, het die OVK beamptes bygestaan met die verkiesingsprosedure. Me. Engelbrecht sê dat elke stem eers deur die kieser toegeplak is in 'n koevert met geen besonderhede op nie. Daarna het die kieser self dié verseëlde koevert in 'n groot koevert met sy of haar besonderhede en registrasienommer verseël. Slegs die bejaardes wat nie genoegsame sig het nie, is gehelp met die toeplak van die koeverte.

"Daarna is die stemme, wat dubbeld verseël is, in 'n houer met 'n deksel op vervoer."

Op Dinsdag (13de) het mnr. Norman du Plessis, adjunk-hoofverkiesingsbeampte, op Radio Sonder Grense die bekommernis van kiesers oor die veiligheid van hulle spesiale stemme aangespreek. Du Plessis het gesê dat die buitenste verseëlde koevert teen die kieserslyste geverifieer word, waarna die binneste koevert in 'n verseëlde houer geplaas word om saam met die ander stemme getel te word.

"n Mens moet die hele proses verstaan," het du Plessis gesê.

"Ons voel dat die beamptes uit hulle pad gegaan het om behulpsaam te wees," het me. Bets Meyer (HHT) gesê. Die beamptes was selfs bereid om twee bejaardes wat siek was tydens registrasie, daar en dan te registreer sodat hulle kon stem.

Landswyd het ongeveer 100 000 kiesers met spesiale behoeftes deur middel van 'n spesiale stem op Maandag en Dinsdag aan die 2004 verkiesing deelgeneem. Op Maandag (12de) het beamptes van die OVK (Onafhanklike Verkiesingskommissie) 38 senior burgers van Ons Tuiste gehelp om hul spesiale stem uit te bring.

'n Inwoner van Ons Tuiste, me. Nuckie Venter, was baie tevrede met die diens en prosedure van die OVK beamptes.

"Ek voel my stem is veilig," het mev. Venter gesê. "Ek kom van Zimbabwe en het baie met stemmery daar te doen gehad."

'n Ander inwoner, me. Nellie Erasmus, wat al van 1948 stem, het haar bekommernis uitgespreek omdat die houer waarin die stemme vervoer is, nie 'n geslote houer is nie. Me. Erasmus het gevoel dat haar stembrief onveilig is en dat enige iemand dit uit die houer kan verwyder.

Me. Thora Engelbrecht, HHT (huishoudelike toesighoudster) by Ons Tuiste, het die OVK beamptes bygestaan met die verkiesingsprosedure. Me. Engelbrecht sê dat elke stem eers deur die kieser toegeplak is in 'n koevert met geen besonderhede op nie. Daarna het die kieser self dié verseëlde koevert in 'n groot koevert met sy of haar besonderhede en registrasienommer verseël. Slegs die bejaardes wat nie genoegsame sig het nie, is gehelp met die toeplak van die koeverte.

"Daarna is die stemme, wat dubbeld verseël is, in 'n houer met 'n deksel op vervoer."

Op Dinsdag (13de) het mnr. Norman du Plessis, adjunk-hoofverkiesingsbeampte, op Radio Sonder Grense die bekommernis van kiesers oor die veiligheid van hulle spesiale stemme aangespreek. Du Plessis het gesê dat die buitenste verseëlde koevert teen die kieserslyste geverifieer word, waarna die binneste koevert in 'n verseëlde houer geplaas word om saam met die ander stemme getel te word.

"n Mens moet die hele proses verstaan," het du Plessis gesê.

"Ons voel dat die beamptes uit hulle pad gegaan het om behulpsaam te wees," het me. Bets Meyer (HHT) gesê. Die beamptes was selfs bereid om twee bejaardes wat siek was tydens registrasie, daar en dan te registreer sodat hulle kon stem.

Landswyd het ongeveer 100 000 kiesers met spesiale behoeftes deur middel van 'n spesiale stem op Maandag en Dinsdag aan die 2004 verkiesing deelgeneem.

'n Inwoner van Ons Tuiste, me. Nuckie Venter, was baie tevrede met die diens en prosedure van die OVK beamptes. "Ek voel my stem is veilig," het mev. Venter gesê. "Ek kom van Zimbabwe en het baie met stemmery daar te doen gehad."

'n Ander inwoner, me. Nellie Erasmus, wat al van 1948 stem, het haar bekommernis uitgespreek omdat die houer waarin die stemme vervoer is, nie 'n geslote houer is nie. Me. Erasmus het gevoel dat haar stembrief onveilig is en dat enige iemand dit uit die houer kan verwyder.

Me. Thora Engelbrecht, HHT (huishoudelike toesighoudster) by Ons Tuiste, het die OVK beamptes bygestaan met die verkiesingsprosedure. Me. Engelbrecht sê dat elke stem eers deur die kieser toegeplak is in 'n koevert met geen besonderhede op nie. Daarna het die kieser self dié verseëlde koevert in 'n groot koevert met sy of haar besonderhede en registrasienommer verseël. Slegs die bejaardes wat nie genoegsame sig het nie, is gehelp met die toeplak van die koeverte.

"Daarna is die stemme, wat dubbeld verseël is, in 'n houer met 'n deksel op vervoer."

Op Dinsdag (13de) het mnr. Norman du Plessis, adjunk-hoofverkiesingsbeampte, op Radio Sonder Grense die bekommernis van kiesers oor die veiligheid van hulle spesiale stemme aangespreek. Du Plessis het gesê dat die buitenste verseëlde koevert teen die kieserslyste geverifieer word, waarna die binneste koevert in 'n verseëlde houer geplaas word om saam met die ander stemme getel te word.

"n Mens moet die hele proses verstaan," het du Plessis gesê.

"Ons voel dat die beamptes uit hulle pad gegaan het om behulpsaam te wees," het me. Bets Meyer (HHT) gesê. Die beamptes was selfs bereid om twee bejaardes wat siek was tydens registrasie, daar en dan te registreer sodat hulle kon stem.

Landswyd het ongeveer 100 000 kiesers met spesiale behoeftes deur middel van 'n spesiale stem op Maandag en Dinsdag aan die 2004 verkiesing deelgeneem.

Written by

ADVERTISEMENT:

Recent Headlines