ADVERTISEMENT:

 

Talle inwoners het hulle Vrydagmiddag en Saterdagoggend vasgery teen ‘n reuse markiestent wat sonder munisipale toestemming bo-oor Wolmeransstraat opgerig is. Die tent is opgeslaan vir ‘n begrafnis na ‘n “misverstand” tussen die munisipaliteit en die familie.

Markiestent oor pad te wyte aan “misverstand”

 

News  Date: 05 September 2008

 

Menige inwoner het die afgelope naweek met groot verwondering die markiestent, wat bo-oor Wolmeransstraat, skuins onderkant Rissikstraat, opgerig is, gade geslaan.

Inwoners wat hulself teen die tent vasgery het, moes maar noodgedwonge gebruik maak van ‘n ompad. Niemand was bewus van die voorneme om die pad te sluit nie en dit is nêrens geadverteer nie. Dit het die vraag laat ontstaan of daar enigsins goedkeuring deur die munisipaliteit verleen is vir die oprigting van die tent en die toemaak van die straat.

Na talle navrae het die munisipale woordvoerder, mnr. Louis Bobodi, uiteindelik Woensdagoggend erken dat die tent onwettig oor die pad opgerig is en dat die munisipaliteit inderdaad nie toestemming daarvoor verleen het nie, ten spyte daarvan dat ‘n aansoek ontvang is. Die tent is opgerig vir die doeleindes van ‘n begrafnis.

Bobodi het verduidelik dat daar klaarblyklik ‘n “misverstand” ontstaan het tussen hulle en die betrokke familie wat aansoek gedoen het vir die oprigting van die tent. Toestemming is nie verleen om die tent oor die pad op te slaan nie, maar toe plaaslike verkeerspersoneel Vrydagmiddag daar opdaag, was die tent klaar opgeslaan. Die maatskappy van Thohoyandou wat die tent opgeslaan het, was ook reeds weg en niemand anders wou die tent weer afslaan nie. Die tent het toe maar gebly, sonder toestemming, en is eers laat Saterdagoggend afgeslaan.

Bobodi het gesê die voorval word tans ondersoek om te bepaal presies wie verantwoordelik was vir die misverstand. Hy het onderneem dat ‘n soortgelyke geval nie weer sal plaasvind nie. Bobodi wou ook nie sê of daar teen die familie wat die tent opslaan het, opgetree gaan word nie.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines