

ADVERTISEMENT:

News Date: 05 September 2008
‘n Vrou van Louis Trichardt wat elke oggend haar op die sypaadjie staan en bad in Preseidentstraat, nogal voor ‘n dokter se spreekkamer, is besig om ‘n groot verleentheid te word vir padgebruikers, besigheidseienaars en inwoners van die omgewing.
Die vrou het ‘n paar weke gelede haar opwagting in Erasmusstraat, oorkant Buyers World, gemaak waar sy elke oggend haarself ten aanskoue van die publiek gebad het. Sy is gerapporteer, waarna die plaaslike verkeersafdeling haar oor haar vroeë oggend eskapades gekonfronteer het. Alhoewel uiters aggressief, het sy tog onderneem om haar optrede te stop.
Dit wil egter voorkom asof die vrou egter maar net nie wil hoor nie. Hierdie week was sy terug. Sy het net om die hoek in Presidentstraat geskuif. Weer is die verkeersafdeling ontbied, maar dié keer wil dit lyk asof die vrou se geluk uitgeloop het.
Plaaslike verkeershoof mnr. Jan Zitha het met die polisie se aankoms self ‘n klag van openbare onsedelikheid teen die vrou geopen. Uit gesprekke met omstanders blyk dit dat die vrou nie heeltemal “gesond” is nie en heel bekend is aan beide die plaaslike verkeersafdeling en die polisie. Die gevoel was egter dat haar geestesongesteltheid, tesame met haar aggressiewe persoonlikheid, ‘n resep is vir moeilikheid en dat die vrou van die straat verwyder moet word. Inwoners sal maar moet wag en sien of die gereg sy gang sal gaan en of die vrou binnekort weer op straat gaan wees.Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
