

ADVERTISEMENT:

News Date: 12 September 2008
Voëls van enerse vere … So, saam met die mooi herinneringe wat hulle agtergelaat het, sal familie en vriende vir Jannie Raaths (27) en Dolf Geldenhuys (26) van Louis Trichardt onthou. Boesemvriende van laerskooldae af, het die twee die afgelope naweek saam op die Bluegumspoortpad buite die dorp verongeluk.
“Ons vra nog vrae, maar die dominee sê dit help nie om vrae te vra nie. Dit is ‘n groot verlies vir ons. Ons
“Klein Jan was altyd lojaal en hulpvaardig. As hy kon help, het hy. Dolf was maar dieselfde – voëls van enerse vere,” vertel pa Jan.
Oor die ongeluk self sê Jan en Lollie dat hulle totaal in die duister is.
“Ons weet nie presies wat gebeur het nie … ons sal maar moet wag vir die lykskouingsverslag,” sê Jan.
Maureen Meyer, Dolf se verloofde, en sus Leonie, stem saam dat hy en Jannie maar van dieselfde stoffasie gemaak was.
“Soos Jannie was Dolf ook iemand wat uit sy pad sou gaan om iemand te help. Hy was stout, pragtig, avontuurlustig … hy wou nog so graag gaan bunjee jumping en river rafting doen. Hy kon net nie stilsit nie,” is hoe Leonie haar broer onthou.
“Hy wou in ‘n klipkerkie in Holland trou,” voeg Maureen by. Die twee was vir sewe jaar bymekaar.
“Al wat ons in hierdie stadium aan die gang hou, is die goeie herinneringe. Hy was ‘n wonderlik mens,” sê Maureen en Leonie, met trane nog vlak in die oë.
Jannie en Dolf is Saterdag (6de) opslag dood, nadat die voertuig waarin hulle gery het teen een van die bloekombome in die bloekomlaning op die Bluegumspoort-pad gebots het. Dolf het vroeër die oggend vir Jannie kom oplaai. Die twee was van plan om te gaan kyk na die enduro-wedren wat die naweek in die berg beslis is.
Pa Jan het omstreeks 12:00 vanaf Sibasa teruggekeer en wou dadelik by Lollie weet waar Jannie, wat vir die afgelope 27 jaar by hulle gebly het, was. Hy sê daar was ‘n onrustigheid in sy gemoed en hy het dadelik na sy seun gaan soek. By een van die toeskouerpunte het hy toevallig gehoor iemand op ‘n selfoon praat van ‘n ongeluk wat omstreeks 14:00 op die Bluegumspoortpad plaasgevind het waarin ‘n Geldenhuys-persoon betrokke was. Tog, sê Jan, het hy nie dadelik besef dit was Dolf nie.
In ‘n stadium het Maureen saam met ‘n vriend van haar by Jan aangesluit. Sy was op pad om Dolf te gaan ontmoet. Eers toe Jan noem van die ongeluk waarin ‘n Geldenhuys-persoon met ‘n wit Volkswagen Golf betrokke was en Maureen in trane uitbars, het hy besef dat dit weliswaar Dolf en sy seun was wat in die ongeluk betrokke was.
Jan-hulle het na die toneel gejaag. Daar aangekom, was die nooddienste reeds daar, maar daar was niks wat hulle vir Dolf, wat bestuur het, en Jannie kon doen nie.
“Ek het na die wrak gestap … vir Dolf gesien en toe vir Jannie … ek het nie woorde gehad nie,” sê Jan.
Dolf en Jannie word eerskomende Saterdag, 13 September, om 11:00 saam vanuit die NG Kerk Soutpansberg-gemeente begrawe, dieselfde kerk waarin Jannie se ouer broer sowat ‘n maand gelede getroud is.
Jannie word oorleef deur sy ouers, broer Hendrik en suster Frida. Dolf word oorleef deur sy ouers, Elaine en At, suster Leonie en verloofde Maureen.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
