

ADVERTISEMENT:

News Date: 12 September 2008
Voorbereidings vir die inbetaling van belastingbetalers se totale rekening in ‘n trustrekening gaan onverpoosd voort. ‘n Dispuut met die Makhado Munisipaliteit is op die 26 Augustus vanjaar deur die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) verklaar en die munisipaliteit is tot die einde van September 2008 gegun om te reageer.
Geen reaksie van die Makhado Munisipaliteit word egter verwag nie, aangesien hulle gedrag, volgens die SBBV, in die verlede ‘n goeie maatstaf is vir hulle gedrag in die hede en die toekoms. Al wat verwag word is ‘n doodse stilte of flou verskonings in die pers soos “ons deur staan altyd oop vir mense wat probleme met die munisipaliteit het”. Dit word beskryf as “Bobodi retoriek – ons deur staan nog altyd oop vir die munisipaliteit en daar word verwag dat hulle uit hulle kantore moet kom om ons te kom ontmoet,” aldus die voorsitter van die SBBV, mnr. Herman Smith.
Belastingbetalers wat die SBBV wil ondersteun in hulle doel om die verval van Louis Trichardt en omgewing te voorkom en die infrastruktuur self te onderhou, “moet deel word van hierdie poging, anders is ons een van die dae wel ‘n Makhado,” berig Smith.
Indien daar tot die weerhouding van munisipale tariewe, belasting en heffings oorgegaan word, is die prosedure en voorwaardes soos volg:
* registreer en sluit aan by die SBBV, omdat slegs lede se rekenings gehanteer sal kan word;
* rekenings moet op datum wees en geen wanbetalers sal geakkommodeer word nie;
* geen gedeeltelike betalings of agterstallige betalings sal geakkommodeer kan word nie;
* om administratiewe werk te verminder en koste effektief te wees, sal lede versoek word om die volle munisipale rekening direk in ‘n trustrekening in te betaal en die depositostrokie aan die administrateur van die trustrekening te lewer deur dit te faks, e-pos, pos of af te lewer, saam met ‘n kopie van die munisipale rekening, sodat die regte bedrag vir elektrisiteit aan die munisipaliteit oorbetaal kan word. Dit is die enigste bedrag wat wel aan die munisipaliteit oorbetaal sal word; Eskom sal genader word om te verneem of die gelde vir elektrisiteit nie direk aan hulle betaal kan word nie, om te voorkom dat die munisipaliteit die fondse wanbestuur;
* lede sal voorsien word van depositostrokies van die bank waar die trustrekening gehou sal word;
* die munisipale rekeningnommer moet as verwysingsnommer gebruik word en die volle bedrag moet in die trustrekening gedeponeer word, voor of op die datum aangedui op die munisipale rekening;
* alle betalings wat ontvang word, sal voor of op ‘n datum, soos bepaal, elke maand aan die munisipaliteit verskaf word vir hulle rekords;
* indien van die fondse gebruik word om dringende onderhoud te doen, sal bewyse daarvan, saam met ‘n bankstaat, aan die munisipaliteit gelewer word;
* behoorlike boekhouding sal deurentyd gedoen word; en
* kundige/provisionele lede sal komitees vorm uit deelnemende belastingbetalers om die betuurskomitee te help met tegniese, finansiële en ander besluite.
Hulp stroom in en ‘n woord van dank word uitgespreek teenoor daardie persone en besigheidsmanne en -vroue wat bereid is om die ekstra myl te stap en die SBBV te ondersteun, asook om finansiële donasies te maak om administrasiekostes te delg.
Die algemene jaarvergadering van die SBBV sal binnekort plaasvind en die burgemeester sal weereens uitgenooi word om die publiek te kom ontmoet en te kom aanwysings gee waarheen sy en die munisipaliteit op pad is. Die burgemeester het nie die vorige uitnodiging aangeneem nie, omdat sy reeds ander afsprake gehad het. Daar word vertrou dat sy dit hierdie keer sal
ADVERTISEMENT:
