

ADVERTISEMENT:

News Date: 26 September 2008
In wat allerweë beskou word as die Oscars van die gemeenskapspers in Suid-Afrika het die Zoutnet groep van koerante op Louis Trichardt weereens tydens die sewentiende jaarlikse FCJ/Sanlam Toekennings vir Gemeenskapspers gewys dat hulle met gemak kan kers vashou met van die beste gemeenskapspublikasies in die land.
Beide die Zoutpansberger en Limpopo Mirror was weer aan die ontvangkant van ‘n paar top toekennings tydens die prysuitdelingsfunksie by die Elangeni Hotel in Durban op Vrydag, 19 September. Die kompetisie is die inisiatief van die Forum of Community Journalists (FCJ) met Sanlam wat sedert die ontstaan daarvan as hoofborg optree. Vanjaar se kompetisie het ‘n nuwe rekordgetal van 1 382 inskrywings. Dit het ingesluit die werk van 378 joernaliste en fotograwe van 159 gemeenskapskoerante.
Ten spyte daarvan dat hy intussen die bedryf verlaat het, het die Limpopo Mirror se Wilson Dzebu vanjaar weggestap met ‘n eerste plek in die hardenuus-afdeling van die kompetisie. Tradisioneel is dit een van die moeilikste afdelings om te wen en word dit naas die Joernalis van die Jaar-afdeling gereken as een van die top afdelings. Wilson is tans werksaam as woordvoerder van die Musina Munisipaliteit.
In die afdeling vir Beste Voorblaaie: Klein Dorpskoerante het die Zoutpansberger alle kompetisie uitgestof met ‘n eerste plek. Polokwane se Limpopo Informant was tweede en die Witzenberg Herald derde. Dit was egter in die afdeling vir Beste Onafhanklike Dorspkoerant waarin die Zoutpansberger en hul span geskitter het, ook met ‘n algehele eerste plek. Die beoordelaars was veral beïndruk met die feit dat die Zoutpansberger-span konstant week na week ‘n kwaliteit produk op straat kan bring sonder enige truuks en foefies. Ook in hierdie kategorie was die Limpopo Informant tweede, met die Kruger Park Times derde. Die Zoutpansberger se nuusredakteur, Andries van Zyl, het op sy beurt ‘n tiende plek gedeel met Vrystaat se Susan Maré in die skryfafdeling vir persoonlike geldsake en sakenuus.Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
