

ADVERTISEMENT:

News Date: 03 October 2008
Binne ‘n oogwink het dit waarvoor mnr. Braam Naudé van Louis Trichardt ‘n leeftyd lank gewerk het in vlamme opgegaan.
“Ek is platgeslaan, maar sal weer opstaan,” het Naudé Dinsdag gesê, nadat ‘n brand Saterdagaand sy onderneming, Pro Field Paneelkloppers, in Kortstraat in puin gelê het. Die Zoutpansberger het hom tussen uitgebrande karwrakke, verfrommelde staal en die bietjie wat oorgebly het van sy werkswinkel aangetref. Sy kantoor, boekwerk, rekenaars – alles is vernietig.
“Dit is groot skade. Ons praat van honderde duisende rande,” sê Naudé, wat ten tye van die brand nie versekering gehad het nie. Ses voertuie waaraan hulle besig was om te werk, is totaal deur die brand vernietig. ‘n Verdere drie het ernstige maar herstelbare brandskade opgedoen.
“Ek het die eienaars van al die karre geskakel. Wat
‘n Vriend van Naudé, mnr. Bertus Geerdts, het Saterdag omstreeks 19:00 by die onderneming verbygery en gesien hoe rook by die struktuur uitborrel. Hy het self na die brandweer gejaag en die brand gerapporteer, maar teen die tyd wat die brandweer opgedaag het, was die grootste skade reeds gedoen. Alhoewel die brand nog ondersoek word, wil dit voorkom asof ‘n elektriese fout in die distribusiekas binne die gebou die oorsaak was van die brand.
Naudé besef dat daar vir hom ‘n moeilike tyd voorlê, ook wat betref regsaspekte rondom versekeringseise.
“Net verlede week het ek vir iemand gesê dinge begin weer goed lyk vir my. Toe tref dit ons,” sê Naudé. Hy is vir die afgelope jaar en ‘n half al werksaam vanaf die perseel wat hy huur van ‘n plaaslike Indiër sakeman.
Te midde van ‘n ietwat bleek vooruitsig is Naudé egter optimisties oor die toekoms. So tussen die brandskade deur het hy en sy personeel reeds begin om voort te gaan met hulle werk.
“Ons trek krag van die perseel langsaan, net sodat ons
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
