

ADVERTISEMENT:

News Date: 10 October 2008
Een van die Soutpansberg se bekendste inwoners, mev. Stefanie Viljoen, is op Dinsdag, 30 September, oorlede.
Die 60-jarige mev. Viljoen was alombekend as ‘n vrou met ‘n hart van goud. Nie net was sy ‘n ontsettende netjies en hardwerkende mens nie, sy was ook iemand wat nie geskroom het om uit te reik na mense in nood nie. Haar familie en vriende onthou haar as iemand wat na haar man, mnr. Hennig Viljoen, se dood amper presies twee jaar gelede, bokse vol goedere uit haar eie huis bymekaar gemaak het om vir behoeftige gesinne te gee. Sy het veral ‘n sagte plek in die hart gehad vir die lot van behoeftige kinders.
“Sy was dierbaar, kosbaar – altyd bereid om te help en te deel. Sy was ‘n ongelooflik mens en ‘n kosbare vriendin. Ons sal haar mis,” sê mev. Tanja Veldman, ‘n kollega van haar by Venter, Viljoen & Malan. Mev. Viljoen was tot haar dood reeds 30 jaar verbonde aan dié ouditeursfirma op Louis Trichardt. Tot met mnr. Viljoen se dood was sy sy persoonlike sekretaresse en daarna het sy hoofsaaklik statutêre werk verrig.
Volgens mev. Viljoen se seun, Riaan, het sy ma reeds geruime tyd met haar gesondheid gesukkel. Haar toestand het egter die laaste twee weke dramaties agteruit gegaan.
Wyle mev. Viljoen is Dinsdag om 13:00 vanuit die NG Kerk Moedergemeente op Louis Trichardt begrawe. Sy word oorleef deur haar kinders Riaan, Jaco en Maxi, asook vier kleinkinders.Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
