ADVERTISEMENT:

 

Die tyd het weer aangebreek vir die Zoutpanberger en Limpopo Mirror se gewilde jaarlikse kalenderfoto kompetisie. Soos vorige jare sal slegs foto’s oorweeg word wat die Soutpansberg se natuurskoon, dierelewe en selfs die diversiteit van die streek se mense uitbeeld.

Weer tyd vir koerant se gewilde kalenderfoto kompetisie

 

News  Date: 10 October 2008

 

Die tyd het weer aangebreek vir die Zoutpanberger en Limpopo Mirror se gewilde jaarlikse kalenderfoto kompetisie.

Die kompetisie, wat vanjaar vir die derde agtereenvolgende keer aangebied word, het verlede jaar ‘n rekordgetal inskrywings van digby die 500 gelok. Die wenfoto’s is in ‘n A2-formaat kalender opgeneem wat deur die Zoutpansberger en Limpopo Mirror vir bemarkingsdoeleindes aangewend is. ‘n Deel daarvan is ook teen ‘n minimale bedrag te koop aangebied.

Vanjaar se kompetisie beloof om weer heelwat kwaliteit inskrywings te lok, met talle gereelde deelnemers wat al weke gelede wou weet wanneer hulle kan begin om hul foto’s in te stuur. Wel, die tyd het aangebreek ...

Soos vorige jare sal slegs foto’s oorweeg word wat die Soutpansberg se natuurskoon, dierelewe en selfs die diversiteit van die streek se mense uitbeeld. In die verlede is daar baie inskrywings ontvang van onder meer landskaptonele by die see en besienswaardighede in ander provinsies. Dié inskrywings sal nie oorweeg word nie. Voorsiening word wel gemaak vir wildlewefoto’s vanuit die Kruger Nasionale Park.

Vanjaar se kompetisie sal beperk word tot ‘n maksimum van vyf inskrywings per fotograaf. Die foto’s, verkieslik in digitale formaat, moet in hoë resolusie wees, aangesien foto’s in lae resolusie probleme veroorsaak verder af in die drukproses. Vergrotings van filmkameras is ook welkom, maar geen selfoonfoto’s sal in ag geneem word nie. Buiten vir filmafdrukke, moet inskrywings verkieslik op CD geplaas word.

Op elke inskrywing moet daar duidelik aangedui word wie die fotograaf is, waar hy of sy geskakel kan word, watter kamera en lens (indien beskikbaar) gebruik is en waar en wanneer die foto geneem is. Alhoewel tegniese aspekte soos die kwaliteit en skerpheid van die foto’s in ag geneem sal word, moet die foto op die ou einde slegs ‘n mooi prentjie maak. Foto’s in landskap-formaat sal voorkeur geniet.

Die sluitingsdatum vir inskrywings in 31 Oktober vanjaar, so fotograwe sal moet gou maak. Twaalf wenfoto’s sal gekies word en elke van die foto’s sal teen R500 vanaf die fotograaf aangekoop word, so R6 000 is weer op die spel.

Inskrywings kan by die kantore van die Zoutpansberger te Joubertstraat 16B, Louis Trichardt ingehandig word.

Vir meer inligting, skakel Andries van Zyl by tel. 015 516 4997 of skryf aan [email protected]

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines