

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 October 2008
Mnr. Herman Smith, voorsitter van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV), het Woensdag sy “uiterste teleurstelling” uitspreek oor die swak bywoning van die vereniging se algemene jaarvergadering op Dinsdag, 21 Oktober.
“Dit lyk vir my asof die publiek tevrede is met die bestuur van die dorp en ook tevrede is met die toestand van dienslewering in die Makhado Munisipaliteit se jurisdiksie. Die kans om die burgemeester, asook die munisipale bestuurder en ander senior munisipale amptenare te ontmoet en vrae met betrekking tot besware te stel, is verspeel,” het Smith gesê nadat slegs 22 mense dié belangrike vergadering bygewoon het.
Smith was erg teleurgesteld hieroor en het gemeen as die dorp se belastingbetalers nie betrokke raak nie, daar heelwat skokke vir hulle wag. Een so ‘n skok wat op belastingbetalers wag, sê Smith, is die feit dat inwoners binne die volgende twee weke verras gaan word met ‘n verhoging in eiendomsbelasting op hul maandelikse munisipale rekening van tussen 200% en 700%. Tans probeer die belastingbetalersvereniging steeds om die implementering van die nuwe erfbelasting te vertraag en juis daarom, sê Smith, is dit belangrik dat almal by die proses betrokke raak.
“Die Makhado Munisipaliteit gaan poog om die totale jaarlikse erfbelasting te verhaal in nege paaiemente. Die rede hiervoor is dat daar nie twee verskillende tariewe in een finansiële jaar toegepas
Smith sê dat die munisipaliteit, in ‘n vorige poging om die nuwe erfbelasting geïmplementeer te kry, geadviseer is om sekere bepalings van hul eiendomsbelastingsbeleid te verander.
“Indien dit verander is sonder om met die belastingbetalers te konsulteer, is die proses ongeldig. Geen impakstudie oor die nuwe beleid is nog deur die munisipaliteit uitgevoer nie, alhoewel hierdie vereniging en ander verenigings die munisipaliteit daaroor gewaarsku het,” sê Smith.
Inwoners sal weet dat die SBBV in Julie vanjaar reeds ‘n dispuut met die Makhado Munisipaliteit verklaar het ten opsigte van swak dienslewering. Wat dit betref, sê Smith, is hulle tans in gesprek met die munisipaliteit oor hul griewe en hul voorneme om belastinggeld van die munisipaliteit te weerhou en in ‘n trustrekening in te betaal, sou die situasie nie verbeter nie. ‘n Finale besluit hieroor, sê Smith, sal voor die einde van Oktober geneem word.Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
