

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 October 2008
Inwoners van Musina en omstreke het Vrydag, 17 Oktober, met skok verneem van die skielike dood van die bekende mnr. André Viljoen van Fix-it Repairs.
Mnr. Viljoen is dood nadat hy in ‘n ongeluk in Hamstraat betrokke was. Hy was op pad dorp toe met sy motorfiets, toe ‘n bestuurder van ‘n bakkie vermoedelik voor hom ingedraai het. Hy het die voertuig getref en is op slag dood. Die ongeluk het omstreeks 09:00 plaasgevind.
Wyle mnr. Viljoen word oorleef deur sy vrou, Jacqui, twee dogters, Dominique (Graad 11) en Louise (Graad 8), ouers, broer en suster.
‘n Roudiens is Woensdag, 22 Oktober vanuit die NG Kerk op Musina vir mnr. Viljoen gehou.
ADVERTISEMENT:
