ADVERTISEMENT:

 

Die agterwiel vat vlam en binne minute versprei die vuur na twee van die voertuie op die onderste dek van die vragmotor.

Vuurgeveg woed op N1

 

News  Date: 31 October 2008

 

‘n Dramatiese reddingspoging het op Sondagmiddag op die N1-noord afgespeel, kort nadat ‘n vragmotor met ‘n besending voertuie aan die brand geslaan het.

Mev. Rina du Toit van Musina vertel dat hulle omstreeks 15:30 besig was om agter die vragmotor, wat onderweg was na Musina, te ry. Skaars deur Masekwaspoort het een van die vragmotor se agterwiele gebars.

“Ek het gesien daar kom rook uit die wiel en het besef die wiel gaan aan die brand slaan,” vertel Rina.

Rina-hulle en die vragmotor het van die pad af getrek, waarna die bestuurder van die vragmotor met ‘n brandblusser nadergestorm het. Hy kon egter nie hond haaraf maak nie en binne minute het die vlamme onbeheersd uitgeborrel.

Verbygangers het gestop om hand by te sit, maar dit was nie lank of die vuur het na twee van die nuwe voertuie op die onderste dek van die sleepwa versprei. Te midde van die hitte het omstanders gehelp om die twee voertuie vanaf die sleepwa te sleep. Sowat 16 minute nadat die vuur ontstaan het, is daar uiteindelik geslaag om die vuur te blus maar nie alvorens twee voertuie heeltemal uitgebrand het nie en ander beskadig is nie. (Foto’s geneem deur Rina du Toit)

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines