ADVERTISEMENT:

 

Daar blyk geen einde in sig te wees vir plaaslike sakeman mnr. Willem Olivier se voortslepende rioolkrisis nie. Na ‘n tweede opvolg berig oor die verstopte riool by sy sakeperseel in Kortstraat, Louis Trichardt, het die munisipaliteit darem ‘n groot sloot kom grawe by een van die mangate sodat die riool wat daaruit borrel in die sloot kan dreineer. Verder is daar nog geen poging aangewend om die verstopte rioolstelsel, wat sedert begin Julie vanjaar al probleme gee, oop te maak nie. Hier staan mnr. Olivier by die reuse sloot wat deur die munisipaliteit gegrawe is. Mens wonder maar net wat sou gebeur is ‘n kind of iemand in die sloot sou beland ...

Sakeman se stryd met riool duur al vier maande

 

News  Date: 31 October 2008

 

Mnr. Willem Olivier van Cableman op Louis Trichardt weet nou regtig nie meer wat om te doen met die voortslepende rioolkrisis by sy besigheidsperseel in Kortstraat nie.

Op 1 Augustus is daar die eerste keer in die Zoutpansberger geskryf van die riool wat toe reeds al ‘n maand lank by sy sakeperseel uitborrel. In daardie stadium het munisipale amptenaar gesê hulle is bewus van die probleem en sal dadelik daaraan aandag skenk.

Bietjie meer as ‘n maand later het die munisipaliteit nog geen poging aangewend om die gemors te probeer aanspreek nie en daar het weer ‘n berig in die koerant verskyn, waarin mnr. Olivier sy misnoeë uitspreek oor die toedrag van sake. Hy het toe al reeds ‘n kwotasie gaan kry oor wat dit hom gaan kos om die probleem reg te stel. Groot was sy skok toe hy sowat R24 000 gekwoteer is.

‘n Dag nadat die tweede berig op 12 September in die koerant verskyn het, gaan grawe die munisipaliteit bloot ‘n groot sloot langs een van die verstopte mangate met ‘n pypie wat riool uit die mangat in die sloot dreineer. Van toe af het daar steeds nog niks gebeur nie en is daar klaarblyklik geen einde in sig vir mnr. Olivier se nagmerrie nie.

Tydens ‘n derde besoek aan hom Dinsdagoggend het mnr. Olivier nie meer geweet wat om te sê of wie om te skakel nie. Sy sakeperseel ruik soos ‘n rioolplaas en mnr. Olivier is erg bekommerd oor die impak wat dit op sy sakebedrywighede het.

Die munisipaliteit blyk ook nie meer antwoorde of rede te hê waarom die probleem nie opgelos kan word nie. Intussen is orals op mnr. Olivier se sakeperseel kanaaltjies riool wat in die spruit onderkant sy besigheid in dreineer en mens moet maar mooi trap om nie in die gemors te beland nie.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines