

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 November 2008
Richard Madoba (36) van Mokomene is op 5 November in die streekhof op Louis Trichardt skuldig bevind aan moord. Sy mede-aangeklaagde, ‘n niggie van hom, is vroeër vrygelaat op dieselfde klag.
Madoba en sy niggie is aangekla van die moord op Clemens Segata op 11 November, 2007, nadat die slagoffer na bewering gepoog het om by die niggie se huis in te breek, waarskynlik met die opset om haar te verkrag. Madoba het gereageer op haar hulpkrete en die slagoffer met ‘n broodmes gesteek, waarna laasgenoemde aan sy wonde beswyk het.
In plaas daarvan om die polisie in kennis te stel en die misdaadtoneel te bewaak, het die twee toe die lyk van Segata in ‘n kruiwa gelaai en versteek. Toe die besonderhede van die voorval aan die lig kom, was die staatsaanklaer genoodsaak om die aanvanklike aanklag van strafbare manslag te wysig na een van moord, aangesien die getuienis meer opset aangedui het.

ADVERTISEMENT:
