

ADVERTISEMENT:

News Date: 21 November 2008
‘n Massiewe uitbreking van cholera in Zimbabwe het, volgens inligting, reeds tot die dood van minstens 19 mense op Musina gelei. Die voorkoms van dié dodelik siekte word toegeskryf aan die verslegtende omstandighede en verval van sanitêre infrastruktuur in die buurland.
Die waarnemende distriksgeneesheer op die dorp Beitbrug, net oorkant die Zimbabwiese grens, dr. Takaitei Kanongara, het die uitbreking bevestig. Hy sê hulle het die epidemie die eerste keer op 14 November bespeur, nadat ‘n Zimbabwiese vrou in die hospitaal op Beitbrug opgeneem is. Die vrou, wat oorgrens sake doen, was onderweg na Suid-Afrika toe sy ernstig siek geword het. Die vrou, ‘n straatverkoper, het moontlik besmette groente of vrugte geëet, waarna sy erge diarree begin kry het, asook begin braak het. Latere bloedtoetse het bevestig dat sy cholera het. Aanvanklik, sê Kanongara, is agt sterfgevalle op die dorp aangeteken. Die syfer het intussen gestyg tot 36 en 431 mense is opgeneem in die Hospitaal op Beitbrug.
Die nuus van die cholera uitbreking in Zimbabwe het reeds grootskaalse paniek in Musina aan die Suid-Afrikaanse kant veroorsaak. Volgens berigte was die hospitaal op Musina Maandag tot kapasiteit gevul. Intussen het gerugte die rondte begin doen dat ook Musina se drinkwater dalk besmet kan wees.
Musina se munisipale woordvoerder, mnr. Wilson Dzebu, het egter inwoners die versekering gegee dat die dorp se water nie besmet is nie. Hy het gesê die gerugte is ongegrond en misleidend. Daar het ook SMSe rondgegaan wat inwoners waarsku dat hulle cholera gaan opdoen indien hulle die water drink. Dzebu het gesê hul watersuiweringsaanleg funksioneer op standaard en die water word twee keer per dag getoets.
Intussen is drie rehidrasie sentrums by die Beitbrug-grenspos opgerig om Zimbabwiërs wat met cholera gediagnoseer is en in Suid-Afrika aankom van mediese hulp te voorsien. Die rehidrasie sentrum is op die been gebring aangesien die hospitaal op Musina nie toegerus is om die groot getal gevalle te hanteer nie.
Die Departement van Gesondheid se provinsiale woordvoerder in Limpopo, mnr. Phuti Seloba, het bevestig dat twee mense Dinsdag by die hospitaal op Musina weens cholera gesterf het. Sedert verlede Saterdag is 54 gevalle op Musina aangemeld.
“Nie een van die pasiënte is Suid-Afrikaners nie; almal kom van Zimbabwe vir behandeling,” het Seloba gesê.
In totaal is 38 pasiënte reeds ontslaan, terwyl 14 nog behandeling ontvang.
Buiten vir die cholera-gevalle op Beitbrug, is daar ‘n soortgelyke epidemie in Zimbabwe se hoofstad, Harare. Medici vrees dat die situasie
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
