

ADVERTISEMENT:

News Date: 28 November 2008
Rdl. Glory Mashaba het hierdie week skriftelik haar bedanking as burgemeester van die Makhado Munisipaliteit, met effek vanaf 1 Desember, by die munisipale Raad ingedien.
Haar bedanking dien as een van die items op die agenda van die munisipale raadsvergadering wat vir Woensdagaand na druktyd geskeduleer is. Mashaba se bedanking volg nadat die ANC vroeër hierdie maand bekend gemaak het dat hulle vyf burgemeesters in Limpopo uit hul poste gaan verwyder weens swak dienslewering. Mashaba was een van hulle.
In hierdie stadium is dit nie 100% seker wie haar opvolger gaan wees nie, maar gerugte doen die rondte dat sy deur nog ‘n vrou, rdl. Mavhungu Luruli, van die Vhembe Distriksmunisipalietit vervang gaan word. Mashaba self gaan blykbaar herontplooi word, maar waarheen is nie seker nie.
Die aanbeveling van die Raad se uitvoerende komitee vir Woensdagaand se vergadering was dat daar kennis geneem word van Mashaba se bedanking en dat hulle die aanstelling van ‘n nuwe burgemeester moet laat geskied ingevolge munisipale wetgewing. Die proses behels onder meer dat die plaaslike munisipale verkiesingsbeampte binne 21 dae ‘n naamlys van ANC-partykandidate moet in-dien, waarna daar binne 14 dae ‘n verkiesing moet plaasvind om te bepaal wie die nuwe burgemeester gaan wees.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
