ADVERTISEMENT:

 

Veiligheid is ‘n aspek wat aandag geniet het tydens die TLU SA Levubu se November maandelikse vergadering. Van links is mnre. Werner Muller (TLU SA Levubu voorsitter), Herman de Jager (TLU SA Levubu Veiligheidsvoorsitter) en Nantes Kelder (hoof van Gemeenskapsveiligheid van Afriforum).

“Afwesige stemme gaan geïgnoreer word”

 

News  Date: 05 December 2008

 

‘n Belangrike aspek van gemeenskapsveliligheid is om sigbaar te raak en massadeelname te toon. Mnr. Nantes Kelder, hoof van Gemeenskapsveiligheid van Afriforum, het TLU SA Levubu toegespreek op 11 November en projekte wat tans aan die gang is, uitgelig. 

“Mnr. Kelder het gesê dat as ons standpunt wil inneem, moet ons begin sigbaar raak en massadeelname kry. Minderhede, soos boere en  Afri-kaanssprekendes, het toenemend van die openbare debat en aksies onttrek. Sommige het na binne ‘geëmigreer’ deurdat hulle steeds in hulle omgewings bly, maar slegs fokus op hulle eie ekonomiese oorlewing,” het me. Annari Muller na afloop van die vergadering gesê.

Die onttrekking bring mee dat minderhede spreekwoordelik hulle openbare stem verloor. “‘n Afwesige stem of onhoorbare stem word doodeenvoudig in besluitnemingsprosesse geïgnoreer,” het mnr. Kelder gesê.

Levubu Boerevereniging is gereed vir ‘n groenlig operasie oor Desember en mense wat weggaan, moet seker maak dat hul plaaswagleiers daarvan bewus is vir ekstra maatreëls vir die beskerming van huis en haard.

Tydens die vergadering het mnr. Marius du Preez ook gesels oor die dienste wat hulle aanbied om met die vuurwapen herlisensiëringproses te help. Volgens hom is die  afsnydatum nie Junie volgende jaar nie, maar 31 Maart.

TLU SA Levubu het ook Solidariteit se Helpende Hand Tassie projek geloods.

“Die belangstelling was oorweldigend. Hoekom die tassie projek?  Jaarliks gaan duisende Afrikaanse kinders weens grootskaalse armoede skool, sonder die nodige toerusting. Solidariteit Helpende Hand vul die gaping en TLU SA Levubu en Louis Trichardt wil help om ´n verskil maak. Ons gaan by ons plaaslike skole begin en Solidariteit sal self vir ons die tassies bring. Om ‘n tassie te skenk kos R200. Laat weet hoeveel tassies jy wil skenk deur die sekretaresse by 082 414 7806 te kontak of te e-pos na [email protected],” sê me. Muller. 

TLU SA Levubu het ook erkenning gegee aan lede wat ‘n besliste verskil gemaak het in landbou in die omgewing, Dries Joubert (uittredende TLU SA Noordstreek Voorsitter) en Stephen Hoffman (Soutpansberg DLU Voorsitter). Ander persone  wat bedank is, is Pieter Pretorius (beskikbaarstelling van gebou), Pieter Lordan (hulp, asook gebruik van die bussie), Willie Scheepers en Michael Rademeyer (hulp met omgewings- en kragprobleme). Lede het ook erkenning gekry vir positiewe bywoning van die vergaderings en Fanie Saayman en Hendrik Greyling het met die louere weggestap.

TLU SA Levubu se getroue borge is bedank, naamlik Agchem, Manitou, Beaufort Vallei Sekuriteit, Levubu Avello, LP Verspreiders, Levubu Spar, SB Invest en Agrisekuritas. Trekkings vir die aand is geborg deur Bridge Auto, Werda Toyota Onderdele en Werkswinkel, Water 2000, Agrigro, Hygrotech, NTK, Midas Elim, Laeveld Agrochem en Avello Levubu.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines