

ADVERTISEMENT:

News Date: 12 December 2008
‘n Gewone string kerfeesliggies, wat die kinderkamer moes opvrolik tydens die feesseisoen, het die gesin van mnr. Pieter Ackerman van Louis Trichardt groot laat skrik en ernstige skade aangerig, toe dit op onverklaarbare wyse aan die brand geraak het.
“Ek weet nie hoe gebeur dit nie. Dit is die gewone kersliggies. Ons het dit teen die kamermuur gehang. Vir ‘n onverklaarbare rede het dit aan die brand geraak. Die elektrisiën het bevestig dat die brand daar ontstaan het.”
Die gesin het verlede Vrydagaand (5de) saam gaan uiteet en was sowat twee ure uithuisig. Met hul tuiskoms het mnr. Ackerman digte rookwolke bemerk wat by die vensters uitborrel.
By nadere ondersoek het dit geblyk dat die kinderkamer heeltemal met digte rook gevul was.
“Gelukkig sorg ons altyd dat alle deure toe is wanneer ons uitgaan. Die toe deur het waarskynlik gehelp om die brand te smoor, sodat dit nie verder versprei het nie. Die rook was egter so erg dat dit ook die plafonne in die gang en die res van die huis beskadig het toe ek die deur oopmaak.”
Mnr. Ackerman sê die rook was so dig dat hy nie die noodlantern se lig kon sien toe hy dit op die vloer neergesit het nie.
Hy het met ‘n skerper lig die brandblusser gaan kry en die smeulende beddegoed in die kinderkamer geblus.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
