

ADVERTISEMENT:

News Date: 12 December 2008
Hennie Theron, sekerlik een van die Soutpansberg-gemeenskap se bekender figure, is Maandagaand (8ste) in die Flora Kliniek in Roodepoort oorlede na ‘n lang stryd teen bloedkanker. Hy was 66 jaar oud.
Baie sal vir Hennie onthou weens sy betrokkenheid by swart onderwys in die vorige bedeling. Later jare het hy Kringinspekteur vir onderwys in die destydse Verre-Noord Transvaal geword. Meer onlangs sal Hennie onthou word vir die feit dat hy homself op die ouderdom van 60 bekwaam het as prokureur, nadat hy met vroeë pensioen uit die onderwys getree het. Tot met sy dood was hy dan ook ‘n vennoot by Pieterse en Theron Prokureurs. In lewe was Hennie in ‘n stadium ook koerantman en het jare gelede ‘n onafhanklike koerant op Louis Trichardt bedryf.
Hennie word oorleef deur sy vrou, Joey, ses kinders en 10 kleinkinders. Hy word Donderdag (11de) om 11:00 vanuit die AP Kerk op Louis Trichardt begrawe.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
