

ADVERTISEMENT:

News Date: 19 December 2008
Meer as ‘n duisend watertenks uit Louis Trichardt gaan in Bulawayo in Zimbabwe help om cholera-bedreigde inwoners van skoon drinkwater te voorsien.
Die onderneming Pennells Tanks op Louis Trichardt het verlede week begin met die lewering van ‘n reuse bestelling vir watertenks, wat van die internasionale hulporganisasie World Vision ontvang is, om nood in woonbuurtes by Bulawayo te help verlig.
“Daar is ‘n hele paar miljoen inwoners in die betrokke woongebiede en die plan is om by elke huishouding ‘n tenk te plaas, wat dan deur watertenkwaens met skoon boorgatwater gevul sal word, aangesien die bestaande infrastruktuur heeltemal in duie gestort het,” het ‘n woordvoerder van Pennells Tanks, mnr. Howard Pennells vandeesweek gesê.
Luidens berigte het die verval van dienste in Zimbabwe se stedelike sentrums tot gevolg dat defekte rioolstelsels drinkwater besoedel. Die ergste aangemelde voorkoms van cholera is nog in die hoofstad, Harare, maar daar word gevrees dat sentrums soos Bulawayo eersdaags ook swaar getref kan word, as voldoende voorsorg nie betyds gemaak word nie.Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
