ADVERTISEMENT:

 

Oom Johan Venter hou die yslike klip vas wat deur sy voorlig geslinger is op die Thohoyandou-pad.

Klipgooiers maak amok

 

News  Date: 03 December 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Motoriste word gewaarsku dat sporadiese voorvalle van klipgooiery weer die afgelope paar weke in die streek voorgekom het.

Talle motoriste op reis tussen Louis Trichardt en Polokwane het reeds onder die klipgooiers by Matoks deurgeloop. Daar was ook ‘n geval waar ‘n inwoner se motor klaarblyklik met ‘n kettie bygekom is. Die klipgooiers se motief is in hierdie stadium nie duidelik nie, maar motoriste word versoek om nie onmiddellik te stop in gevalle waar hul motors met klippe bestook word nie.

‘n Inwoners van die dorp, oom Johan Venter glo stellig dat sy besluit om nie te stop nie dalk Saterdagaand sy lewe kon gered het. Alhoewel nie by Matoks nie, het hy ook deurgeloop onder klipgooiers op die Thohoyandou-pad, sowat ses kilometer vanaf Louis Trichardt. Hy was dié betrokke dag ongeveer 21:00 onderweg huis toe in sy voertuig, toe hy skielik ‘n harde slag hoor.

“Ek het eers gedink iemand skiet op my. Vir ‘n oomblik het ek gewonder of ek nie moet stop nie, maar het besluit om aan te hou ry,” vertel oom Johan.

By sy huis aangekom het hy die yslike klip, bietjie groter as ‘n eier, gevind wat nog stewig ingewig was in sy regter voorlig.

“Ook maar goed ek het nie gestop nie … mens weet nie hoeveel wag vir jou in die donker bosse nie,” sê oom Johan.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines