ADVERTISEMENT:

 

Aanhouding van vlugtelinge gekritiseer

 

News  Date: 19 December 2008

 

Skokkende getuienis van onwettige arrestasies en deportasies, sowel as marteling van Zimbabwiese vlugtelinge in Suid-Afrikaanse aanhoudingsplekke, word vervat in ‘n verslag wat vandeesweek op Menseregtedag vrygestel is. Misbruike op Musina word prominent genoem.

Op ‘n media konferensie van Lawyers for Human Rights (LHR) wat verlede Woensdag in Johannesburg gehou is, is die opsienbarende verslag onder die titel “Monitoring Immigration Detention in South Africa” vrygestel. Ernstige menseregte vergrype in Suid-Afrikaanse aanhoudingsgeriewe word in die verslag uitgelig. Lindela by Krugersdorp en die SAPD se aanhoudingsentrum by Musina verskyn prominent op dié lys.

Die verslag onthul ernstige vergrype wat in hierdie sentrums gepleeg word teen die mees basiese regte, in weerwil van Suid-Afrika se internasionale verpligtinge en strydig met die bepalings van die land se eie wetgewing. Ernstige kommer word in die verslag uitgespreek oor die feit dat die aangehoudenes geen toegang het tot die wettige beskerming wat deur die betrokke wetgewing gewaarborg word nie.

Die verslag spreek kommer uit oor die onwettige aanhouding en deportasie van bona fide asielsoekers en vlugtelinge, wat geen toegang het tot die regsbeskerming wat in internasionale en plaaslike wetgewing vervat word nie.

Die LHR sprekers wat by die mediakonferensie opgetree het, was Sabelo Sibanda en Gina Snyman, regsadviseurs in LHR se aanhouding moniteringsprojek.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines