

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 January 2009
Henri Boshoff en Christili Muller (sien berigte elders) het elk die uitmuntende prestasie behaal om nege onderskeidings te verwerf.
Raeesah Hassim en Madelein Visser het elk sewe onderskeidings behaal. Raeesah gaan meganiese ingenieurswese by die Universiteit van Kaapstad studeer.
“Ek het nie sulke goeie uitslae verwag nie,” sê Raeesah, wat agtiende in die provinsie geëindig het. Haar geliefkoosde vak is wetenskap, want sy hou daarvan om te verstaan hoe dinge werk. Raeesah se onderskeidings is in Afrikaans (addisionele taal), wiskunde, wiskunde vraestel drie, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe (die ou biologie), rekeningkunde en lewensoriëntering. Haar advies is om jouself gedurig te motiveer.
Madelein Visser het haar sewe onderskeidings ook nie verwag nie. Sy het A’s vir Afrikaans (huistaal), Engels (addisionele taal), wiskunde, lewenswetenskappe, gasvryheidstudies, toerisme en lewensoriëntering. Madelein is opgewonde om te begin as onderwysassistent by Laerskool Louis Trichardt, terwyl sy onderwys deur Unisa studeer. Madelein se raad is om jou huiswerk self te doen en nie af te skryf nie.
Tsepo Serakalala (21ste in die provinsie) sê dat hy baie hard voorberei het vir inligtingstegnologie, die vak waarin hy 99% en die provinsiale vakprys gekry het. Tsepo het 6 A’s en die ander vyf is vir Afrikaans (addisionele taal), wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en lewensoriëntering. Tsepo, wat lid van die leerlingraad was, sê dat die belangrikste is om in die klas te luister. Hy gaan chemiese ingenieurswese by die Universiteit van Kaapstad studeer.
Gregory Byrnes, nog ‘n lid van die leerlingraad en kaptein van die eerste hokkiespan, het ses A’s en die vakke is Afrikaans (addisionele taal), wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde en lewensoriëntering. Greg sal daarvan hou om na eksotiese wêrelddele te reis, maar sal vir eers tevrede wees om ‘n elektriese ingenieurswese studiebeurs by Anglo Platinum op te neem. Greg se geheim is om die grootste gedeelte van sy voorbereiding deur die jaar te doen en nie tot op die einde te wag nie.
Voormalige onderhoofmeisie,Nadine Booyens het ses A’s in die vakke Afrikaans, Engels, lewenswetenskappe, ekonomie, rekenaartoepassingstegnologie, ekonomie en lewensoriëntering. Nadine sien baie uit na die koshuislewe in Potchefstroom waar sy BSc Verbruikerswetenskappe by die Universiteit van Noordwes gaan studeer.
“Leer hard en geniet elke oomblik,” sê Nadine.
Carmina José gaan ook haar rustige huislike lewe vir Potchefstroom verlaat waar sy BCom Rekeningkunde vir Geoktrooieerde Rekenmeester gaan aandurf. Sy het ses A’s vir Afrikaans (huistaal), wiskunde, rekeningkunde, ekonomie, besigheidstudies en lewensoriëntering.
“My ma huil al van laasweek af,” sê Carmina. Sy sê dat daar tyd vir social is , maar dat die akademie eerste moet kom. “Byt vas, dis nie so erg nie!” sê Carmina.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
