ADVERTISEMENT:

 

Wyle mev. Sue Crous.

Tannie Sue sterf na kort siekbed

 

News  Date: 09 January 2009

 

Op Kersdag is mev. Gezina Catharina Elizabeth (Sue) Crous (gebore Barnard) van Louis Trichardt ná ‘n kort siekbed oorlede.

‘n Dankdiens vir haar lewe is op 30 Desember deur haar skoonseun, dr. Philip Venter, in die NG Kerk Soutpansberg gelei.

Haar een dogter, mev. Meryl Venter, het in ‘n afskeidsboodskap gesê: “Vir ‘n beter ma kon ons nie gevra het nie. Sy het haar kinders met liefde, sorg en toewyding grootgemaak. Haar liefde vir kuns en naaldwerk het gesorg dat sy nooit vir ‘n oomblik ledig gesit het nie. Haar pragtige handewerk pryk in die hangkaste van kinders reg oor die wêreld. Een van die heel laaste goed wat sy vir my gesê het was: ‘Ek wil huistoe gaan, ek wil gaan sit en smok.’ Daar lê ‘n halfklaar gesmokte rokkie op haar werktafel.

“My ma sal vir altyd in my hart bly lewe. Ek weet dat alles wat ek is, alles wat ek doen, alles waarin ek belangstel, het ek by haar geleer. Ons het die grootste deel van my lewe onder een dak gebly. Sy was dus vir my meer as net ‘n ma. Sy was ook my vriendin, my suster, my vertroueling, die mens op wie ek altyd kon staatmaak. Ek streef daarna om vir my kinders so ‘n goeie ma te wees as wat sy vir my was, vir my man so ‘n goeie vrou as wat sy vir my pa was. Haar goeie voorbeeld sal in my hart bly lewe.”

Wyle mev. Crous  is op 18 Junie 1930 op Benoni gebore. Sy het later gewoon in Brakpan, Pretoria, Strand, Somerset Wes en Louis Trichardt. Sy word oorleef deur haar dogters Shireen en Meryl en kleinkinders Nireen, Celeste, Salome en Phillip.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines