ADVERTISEMENT:

 

‘n Eerste vir Hoërskool Louis Trichardt

 

News  Date: 16 January 2009

 

Vir die eerste keer in die geskiedenis spog Hoërskool Louis Trichardt met twee matrieks wat elk nege onderskeidings het. Die skool het ook ‘n 100% slaagsyfer gehad en is aangewys as een van die top tien skole in die provinsie.

Die skool het ook vier leerders onder die top dertig in die provinsie. Henri Boshoff en Christili Muller is die twee slimkoppe wat elk nege onderskeidings behaal. Henri is 11de in die provinsie en Christili 20ste. Raeesah Hassim met sewe onderskeidings is 18de agtien in die provinsie en Tsepo Serakala met ses onderskeidings 21ste. Tsepo het ook die beste in inligtingstegnologie in die provinsie gevaar.

Hoërskool Louis Trichardt is vir die eerste keer uitgenooi om aan Klub 50 te behoort, ‘n eksklusiewe klub vir skole wat daarin kon slaag om ten minste vyftig leerders te hê wat wiskunde en wetenskap (nou genoem fisiese wetenskappe) op die hoër graad slaag.

Die groep matrieks wat op 30 Desember laasjaar hul uitslae ontvang het, is die eerste groep Graad 12’s wat ‘n landswye eenvormige eksamen afgelê het onder die nuwe kurrikulum, die NCS of New Curriculum Statement. 

Die nuwe kurrikulum is as “kognitief meer veeleisend” beskryf deur dr. Aaron Motsoaledi, LUK vir Onderwys in Limpopo. Mnr. Henry Denner, skoolhoof van Hoërskool Louis Trichardt, stem saam.

“Wanneer die standaarde vergelyk word met die ou kurrikulum, is dit definitief nie makliker nie,” het mnr. Denner gesê.

“Dit het baie goed gegaan met ons kinders. Dit is ook ‘n besondere prestasie om deel van Klub 50 te word,” het mnr. Denner gesê.

Triegies het twee Graad 12’s met nege onderskeidings, twee met sewe onderskeidings, vier met ses, sewe met vyf, vier met vier, nege met drie, veertien met twee en veertig met een onderskeiding elk.

Die skool het 152 Graad 12’s gehad. Al 148 wie se uitslae bekend is, het geslaag. Mnr. Denner sê dat een se uitslae onvolledig is en drie se uitslae onbekend. Hulle vorm deel van die meer as 50 000 matrikulante landswyd wat nie uitslae ontvang het nie.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines