ADVERTISEMENT:

 

Raad wil belasting terugwerkend invorder

 

News  Date: 23 January 2009

 

Die Makhado Munisipaliteit is steeds van plan om aparte rekenings uit te stuur vir “agterstallige” eiendomsbelasting wat terugwerkend vanaf 1 Julie verlede jaar deur die eienaars van eiendom betaal sal moet word.

Dit het Dinsdag hierdie week aan die lig gekom tydens ‘n seminaar wat die munisipaliteit met die belastingbetalers oor eiendomsbelasting gehou het.
 Tydens die vergadering het die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) ‘n uitdruklike boodskap aan die munisipaliteit oorgedra dat dit nie aanvaarbaar is nie, omdat die proses nie deurgevoer is nie en baie vereistes van die wet nie nagekom is nie.
                                             
“Dat die konsultasie proses te kort geskiet het en hopeloos gebrekkig was, is deur die munisipale bestuurder onomwonde erken. Indien die munisipaliteit voortgaan met die eis om eiendomsbelasting terugwerkend te eis, sal geregtelike stappe geneem word,” het mnr. Herman Smith, voorsitter van die SBBV, Dinsdagaand gesê.
 
‘n Spreker van die Suid-Afrikaanse Raad van Waardeerders het ‘n toespraak gelewer met betrekking tot die proses van eiendomswaardasies en belasting en hoe die proses gedoen moes gewees het. Smith sê dat dit wat die spreker, mnr. Nkomo, oorgedra het, nie onbekend vir die meeste van die lede was nie, maar dat die Makhado Munisipaliteit in baie aspekte gefaal het, soos in die konsultasieproses met belastingbetalers en onakkurate eiendomswaardasies.

Die rede wat aangevoer is waarom die eiendomsbelasting nie op rekenings verskyn nie, is omdat die gegewens nog verwerk word.
“Dit het egter Dinsdagaand gou duidelik geword dat op hierdie forum geen vordering gemaak sal word nie. Daar is besluit dat ‘n kleiner werkgroep die probleme verder moet bespreek,” het Smith gesê.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines