ADVERTISEMENT:

 

Vermeende reeksverkragter vasgetrek

 

News  Date: 30 January 2009

 

Die polisie op Louis Trichardt het ‘n deurbraak gemaak deur ‘n vermeende reeksverkragter te ar-resteer.

Die 47-jarige man is op 12 Januarie gearresteer en het op 14 Januarie in die plaaslike landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 28 Januarie en die verdagte bly in aanhouding.

Die klagtes teen die verdagte spruit uit ‘n aantal voorvalle van verkragting wat tussen 2006 en 2009 aangemeld is in die omgewing. Tot dusver is die verdagte positief verbind met vyf voorvalle, hoewel die aantal sake tot soveel as 30 kan wees.

Na wat berig word, het die verdagte sy niksvermoedende slagoffers ingewag op bekende voetpaaie en hulle mislei deur hulle werk te belowe op ‘n plaas. Hy sou dan saam met sy slagoffers loop op pad na die “plaas” en hulle by ‘n verlate plek verkrag.

Die polisie-ondersoek duur voort. Alle slagoffers van verkragting in die omgewing oor die genoemde periode word versoek om met Inspekteur Manyatsha in verbinding te tree by 079 576 4786 of met Superintendent Mase-nya by 082 451 7154.

 

Written by

Nic Hoffmann

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines