ADVERTISEMENT:

 

Leerder kry tweede kans

 

News  Date: 30 January 2009

 

‘n Seun wat Graad 11 twee maal gedruip het, het weer ‘n kans gekry om sy skoolloopbaan voort te sit in die skool van sy keuse, mits hy onderneem om aan gedragskodes en akademiese vereistes te voldoen.

Die Zoutpansberger het verlede week berig oor die dilemma van die moeder, ‘n enkelouer, wat wou sien dat haar spruit sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Louis Trichardt voltooi. Die seun word nie geïdentifiseer nie omdat hy nog minderjarig is.

Intussen het die wiele van die onderwysdepartment in beweging gekom en ‘n vergadering is by die skool gehou met die kringbestuurder, mnr. Netshia, nog ‘n amptenaar van die kringkantoor, mnr Baloyi, die skoolhoof, mnr. Henry Denner en die moeder en kind.

Die uiteinde daarvan was dat die kind voorwaardelik toegelaat is tot die skool.

Mnr. Denner het gesê dat die kringkantoor amptenare aan die moeder en kind verduidelik het dat sy toelating tot die skool onderhewig is aan die ondertekening van ‘n stel reëls en die onderneming om daarby te bly. Die reëls staan in verband met gedrag en akademie. “Die voorwaardes is in lyn met die departementele beleid. Dit behels ook die skoolreëls wat uitgespel is ten opsigte van gedrag en ook huiswerk en akademie,” het Denner Dinsdag gesê. Hy het verwag dat die moeder en kind die reëls sou kom onderte-ken op die 28ste.

Die moeder het in ‘n e-pos, gedateer 21 Januarie, gesê dat die hoof die uitsetting van haar seun uit die skool teruggetrek het en dat hy nou nog ‘n kans kry om sy skoling te voltooi by die skool wat hy die afgelope vier jaar byge-woon het.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines