

ADVERTISEMENT:

News Date: 30 January 2009
‘n Geslaagde kamp met ‘n sterk fokus op gesinne is die naweek op Tshipise aangebied. Ds André Botha van die NG Louis Trichardt gemeente het Vrydagaand (23ste) die kampgangers, meestal gemeentelede van die twee NG Kerk gemeentes op die dorp, aangemoedig om gereeld die vraag te beantwoord: “Hoe gaan dit met my verhouding met die Here?”
Vanaf Saterdag het die gasspreker, dr. Willem Pretorius van die NG Kerk Kameeldrif interaktiewe gespreksessies gelei met die klem op gesinne. Gesinne kon nadink oor “die storie van ons familie” en het opnuut geleer om waardering teenoor mekaar uit te spreek. Hulle het ook gepraat oor wanneer hul hulself as ‘n modelgesin beleef en ‘n klei- of ander model gebou wat die simboliek van hul gesin uitbeeld. “Gesinne” kon bestaan uit saamgestelde of nie-saamgestelde gesinne, enkelouers of enkello-pendes.
Vernuwing in die kerk en faktore in die samelewing waarvan die invloed nie onderskat moet word nie, is ook behandel. Daar moet in ag geneem word dat daar vier generasies in die gemeentes is, van die heel oudstes tot die milleniumgenerasie, wat almal verskillende klemme in hulle waardesisteme het. Ook het die era van die boekdrukkuns plek gemaak vir die uitsaaiwese en nou is dit die digitale era. Dit alles beïnvloed mense se verwagting van die kerk.
“Ons moet verander, ons gesindhede moet verander,” het dr Pretorius Sondag gesê. Hy het onder meer verwys daarna dat mense van die attraksiemodel – om mense na ons toe te trek - moet verander om Je-sus se hande en voete te word wat uitbeweeg in die samelewing.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
