ADVERTISEMENT:

 

Pleidooie hoort voor ‘n ander deur

 

News  Date: 30 January 2009

 

Ek verwys na die berig in verlede week se Zoutpansberger onder die opskrif “Kerke moet saam ‘n verskil begin maak.”

In hierdie berig word ‘n vurige beroep gedoen om hulp aan Zimbabwiese onwettiges/vlugtelinge en selfs aanhalings uit die Bybel word gebruik om dit te ondersteun.

Hierdie beheptheid met vlugtelinge kom gereeld voor in die Zoutpansberger en ek glo dit is nodig om ‘n ander siening oor die onderwerp te stel.

Die onwettiges/vreemdes in Suid-Afrika – hoewel geen betroubare statistieke bestaan nie – word geraam op tussen nege en 12 miljoen, dit wil sê ongeveer ‘n kwart van Suid-Afrika se bevolking. Hiervan word Zimbabwies geraam op ongeveer vier miljoen.

Rondom Kaapstad bestaan tans ongeveer 80 plakkerskampe en by Johannesburg meer as 60, om net enkele voorbeelde te noem. Dit is algemeen bekend dat die res van die land ook letterlik versmoor word deur plakkers.

Die uiters nadelige uitwerking wat hierdie toestand op die land het, is enorm, veral met betrekking tot gesondheidsrisikos (is enige voorbeelde nodig), werkverskaffing, misdaad (Suid-Afrika is tans bekend as die misdaadparadys van die wêreld), die geweldige druk op skaars bronne soos water, behuising, ensovoorts.

Belangrik egter is die feit dat hierdie situasie nie spontaan ontstaan het nie, maar die direkte gevolg is van die onbevoegde, korrupte ANC regime.

Geen land ter wêreld het ‘n oop deur vir immigrante soos ons nie. Verder is die openlike steun deur hierdie regering vir die despoot Mugabe grootliks verantwoordelik vir die toestand wat nou heers.

Ons het dus nie hier te doen met ‘n normale verskynsel nie, maar wel ‘n geval waar ons land besig is om vernietig te word en sy inwoners erg benadeel word.

Die situasie verg dus nie Bybelaanhalings en verwronge humanisme nie, maar stel ek voor dat die energie en pleidooi gerig word aan die regte adres naamlik die korrupte, onbevoegde ANC-regering.

- Gert Oosthuizen (Louis Trichardt)

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines