ADVERTISEMENT:

 

Niemand gaan vir u veg nie

 

News  Date: 30 January 2009

 

Al hoe meer inwoners se briewe wat in die Zoutpansberger verskyn getuig van ‘n dringendheid dat daar iets drasties verkeerd is by die Makhado Munisipaliteit en dat daar daadwerklike aandag gegee moet word aan die haglike situasie rakende water-voorsiening, riolering, paaie en administratiewe dienste.

Oor die afgelope 10 jaar het die ANC-beheerde raad uitmuntend daarin geslaag om die dorp op ‘n pad van selfvernietiging te plaas deur ‘n argelose, traak-my-nieagtige en selfverrykende houding teenoor die inwoners. In dié opsig doen hulle die afkorting ANC gestand naamlik A (agteruit-gang) N (na) C (chaos).

Die raad se ongelooflike brutale minagting van hoër gesag manifesteer in ‘n roekelose, outokratiese regering teenoor sy kiesers wat dit nie die moeite werd ag om hoegenaamd om te sien na die belange en wel-syn van sy kiesers en ook nie bereid is om na hulle te luister en hulle verwagtinge en probleme daadwerklik aan te spreek nie. Sulke optrede van ‘n bestuur teenoor die inwoners van ‘n dorp bewys dat die ANC bestuur en ANC gekose amptenary nog steeds in ‘n bevrydingstryd verkeer en nie instaat is om die ideale van ‘n nuwe Suid-Afrika te omarm, te bestuur en voort te dryf nie. Dit is jammer dat dit so is. Dink net terug aan die raad se optrede rakende die Louis Trichardt borsbeeld, naamsverandering, verandering van straatname, belastings en so meer.

Alles in ag geneem, dui die uitvoerende regering en bestuur van die raad op die ou sosialistiese/kommunistiese vorm van regering, naamlik regeer deur die skep van chaos en die onderdrukking van die wil van die kiesers.

Louis Trichardt en sy inwoners staan nou op die eerste trappie van wat volg op Agteruitgang Na Chaos, naamlik A (anarchy) N (nepotism) C (corruption).

Geagte inwoners, ons is in die minderheid en niemand kan of gaan vir u iets aan die saak doen behalwe net uself. Haal u arms agter die rug uit, steek u hande by die moue uit, sluit aan by die organisasies wat kan help en raak betrokke.

- Carel Breytenbach (Louis Trichardt)

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines